Just a few words, trying my hand at poetry. Please feel free to comment, I would like to know what the readers think.... Use Google Translate if you do not understand Afrikaans, it gives quite an useful translation, although the poetry will probably lose it's impact. If you use Google Chrome as web browser, you have an automatic "translate" option. Toe, sê iets! LEWER KOMMENTAAR! Dis annoniem en jy WEET jy WIL!
Labels
- My mymerings (48)
- Rympies / amper-gedigte (38)
- Duwweltjies (27)
- Dieper Rympies (23)
- Braaksel van 'n brandsiek brak (14)
- Natuurgedigte (14)
- Dorings (12)
- English Poetry (11)
- Kommentaar op kommentaar (7)
- Pretensieuse Rympies (7)
- Windpomp rympies (6)
- Riempies (3)
- Tanka's (2)
- Natuurfoto's as inspirasie. (1)
Sunday, 26 August 2012
Julie-nag
Eenuur!
Die swart swaan gly geluidloos deur die kobaltblou melkweg,
die oppervlak onversteur deur sy koue voete
wat vir 'n vale onder die spieëlbeeld met die water veg.
Daars skaars 'n rimpeling in die poel
waarin ek die bloed van my hande afspoel.
Net die maan teen die westerkim, 'n halwe lemoen,
die versapte kleur gevries teen die berg
deur die vlieswolke se knyptang van tyd
en die onopsigtelike rotasie van ons planeet.
Die stukkende koppe van die bokke in die skerp lig,
as die skoot klap, klaar vergeet.
Thursday, 23 August 2012
Ek, Eiendoms Beperk.
Ek kyk na dinge wat ek doen,
na ander wat ek gedoen het,
na name waarop ek besluit het vir goed wat ek gemaak het,
plekke wat ek geskep het,
vir dinge wat ek gehoop het ek ontvang.
Party oorspronklik, meeste generies,
baie beïnvloed deur dit wat gesoek word.
Doelloos, nutteloos, redeloos, hopeloos.
Tog nie heel-te-mal nie.
Nie funksieloos nie, miskien 'n bietjie disfunksioneel,
maar dit is deel van my lewensfunksie, breinfunksie, filosofie.
My nimmereindigende selfgesprek.
Dinge wat tog soms ook ander tot voordeel strek,
maar as ek moet eerlik wees,
is alles uiteindelik gemotiveer deur die eie ek.
Is dit nie tog die suiwerste, opregste dryfkrag wat daar is?
Gestroop van alle suikersoet pretensie,
deur jouself te gee wat nodig is,
kan jy dan ook aan ander gee: sonder sorg,
uit 'n bron van oorvloed, sterkte, krag.
Sonder vrees dat jy dalk eendag in tekort sal wees?
Ek het nie baie nodig nie, dus is ek maklik vergenoegd.
Dit's ook belangrik, anders raak jy nooit versadig,
streef immer na meer,
ek vermoed dat DIT die selfsug kompromiteer.
Ek vind dit vreemd dat daar wel mense is wat hulself,
hul eie haat, hul naaste mense minag,
hul onderwerp aan 'n vreemde wreedaard se gesag.
Ek skuld hul niks, die duisternis kan hul verswelg,
hul kom daaruit, hulle sal daarnatoe terugkeer.
Jy moet jouself liefhê, dan jou eie mense,
jou gesin, dit is die waarheid, die einde en begin.
Nie almal verstaan dit nie,
nie almal sien dit raak nie, party besef dit nie eens nie.
Soms kom ek dit self nie eens agter nie.
Ek probeer nie "nice" wees nie,
dus is dit wat ek doen nie vir my moeite nie.
Ek probeer ook nie dwars wees nie,
dus is dit wat ek sê, my eerlike opinie,
reguit, sonder die verskuilde agenda van Brutus en kie.
Party dink ek's oulik, party dink ek's kru,
maar na alles geweeg is,
is ek net ek: 'n individu.
Monday, 20 August 2012
Lente?
Die lente is hier, of ten minste temperatuurgewys.
Nie met 'n ontploffing van kleure, geure en klank nie, eerder met rukke en stote soos 'n diesel wat proes proes voor hy vroegoggend vat.
Nie die nuwe diesels waarin die vroutjies met die lang naels en rooi lippies hul kinders skool toe vat nie, nee, die ou Perkins en ADE's wat in die 80's en 70's en 60's in die trekkers en lorries ingebou is. Die wat soms quickstart nodig het in die winter, die glowplugs nie opgewasse vir minus 7 en kouer nie.
Die wind waai soos hy waai in laat Augustus, op 'n kalm dag. Niks meer as 20, 30 kilometer per uur nie. Net genoeg om jou te sê: dis nie 'n gholfdag nie, dis nie 'n swemdag nie, dis 'n werksdag... Al waai die stof so af en toe in jou mond in, in jou oë in, in jou neus en ore in...
Jy weet: Môre, oormore kom die vrugtebome se bloeisels uit. Wit pruimbloeisels, pienkes vir die perskes en die appelkose.
Dan dink almal dit is lente. Hoewel die wit rook vroegoggend uit die diesel jou vertel: Die rypseisoen is nie verby voor Oom Paul verjaar het nie!
Dig, digter, digmasjien: Dubbele Sonnet
Om te dig moet maklik wees...
Net 'n paar woorde in die regte reeks.
Niks duister daaromtrent nie, hoe moeilik kan dit nou wees?
'n treffende gedig kan so kort as net drie reëltjies wees.
Nie te lank nie, dit wat ek nou geskryf het is dalk al veels te lank.
Net 'n paar woorde met die letters reg gekies.
Daars net ses en twintig letters om van uit te kies.
Skommel bietjie, kies 'n paar, glad nie moeilik nie: siedaar!
Om die lotto te kan wen,
moet jy net ses nommers reg kan kies.
Ses uit nege en veertig kan nie te moeilik wees nie....
Tot jy uitvind wat jy doen:
Die wiskunde vertel jou anders: jou kans?
Een uit dertien komma nege agt miljoen!
So wat is my kans dan om 'n heel treffende gedig te skryf?
Een wat werklik in 'n ander mens se brein indring,
hom/haar kan vasvat om die lyf?
Watse kans het ek, 'n ongekultiveerde boer,
om iemand heel-te-mal:anders se hartsnare te kan roer?
Dit behoort wel interessant te wees om na díe een se waarskynlikheid te loer.....
Miskien moet ek werk maak van 'n digmasjien,
'n ysterdigter soos 'n golem.
Koud, geprogrammeer om net die regte woorde raak te sien.
Dit kan gedoen word, hoor my lied, as ek 'n rekenaar die regte kunsies kon vertel.
Ek skryf vir hom (of is dit haar) 'n paar reseppies net half klaar, wys dan die spoor en sê net: "Sa!".
As my resep reg uitgewerk is, sal my snuffelaar die regte woorde uit gaan soek.
Al die woorde wat ek benodig is mos in 'n boek!
So soek en soek, probeer en pas, die elektron-bloedhond moet dit kry.
Gaan haal die gans, die eend, die tarentaal.
Ek het geskiet, dit is mos net 'n kwessie van gaan haal.
Gaan soek daar in die water, gaan snuffel agter daardie bos.
Toe nou jong! As dit nie werk nie, gaan slaap ons wragtig sonder kos!
So wat dink jy, die leser van my plan?
Sal ek dalk só die digter kan vervang?
Wintersomerherfs
Die winter wil nie los nie, buite waai die wind Augustus-styl met 'n Julie-byt.
Elke jaar is ek verbaas oor die seisoene se jolyt.
Die mense sê: "Die seisoene het verskuif"..
Maar kort is ons geheues,
groot is die verskeidenheid
wat moeder natuur vir ons kan wys
groot is die verskeidenheid
wat moeder natuur vir ons kan wys
Sneeu soms in Augustus,
reën in Juliemaand.
reën in Juliemaand.
Ons kan dit nie bestel nie,
ons eet nie van 'n spyskaart nie.
Maar as ons terugdink,
ja, na lank lank gelede,
sal ons onthou,
sal ons die die ooreenkomste kry in die verlede.
sal ons die die ooreenkomste kry in die verlede.
Ons lewens is te kort,
ons onthou niksseggend in die groter plan.
Waar's die Mamoete en die Terranosaurus dan?
So shutup en geniet dit.
Draai jou jas maar styf
om die winterkurwes van jou lyf,
vou altwee jou hande
om die koffie en die sop.
om die koffie en die sop.
Môre, ja môre hou ook hierdie winter op!
Sunday, 19 August 2012
Waarheid onder 'n wit kombers
Nege vier en vyftig.
Die wind ruk aan die deur.
Weg is die wit illusie toe ek voor die huis parkeer.
Dit was skaars dertien uur,
net so bietjie meer as 'n halwe dag,
het my stad-sending geduur,
maar van die sprokiesland wat ek verlaat het,
is net die ysige asem van die Suidewind nog hier.
Dit herinner my:
Ons winters is nie wit nie,
ons winters is nie mooi nie.
Ons winters is gewoonlik nie in 'n sneeukombers getooi nie.
Ja, die suid Vrystaat is hard. Die suid Vrystaat is koud.
Die yswind sny in Julie (én Augstus) vlymskerp deur jou boud.
Vir een dag, hoogstens twee, lê die vlakte in 'n wit kombers geklee.
'n wit kombers oor al die droë gras en brandmaer vee.
Ja, die winter is nie mooi nie, maar dit voer mens tog soms mee
na tye sonder yswind,
na dae sonder snee.
Die lewe is nie winter nie,
die lewe is nie lente nie,
die lewe volg sy ritmes en sleep ons daarin mee.
Daars dae waar die son opkom,
die dam en krippe hard verys, die land en diere wit van ryp maar tog nie sonder hoop.
Die wasems wys waar asems is,
die spore in die ryp verraai die plekke waar die ribbok loop.
En soos die waterstofbom-sonneblomligbron se infrarooi bestraling oor die landskap kom,
ontdooi die diere, mense, gras.
Die paar gesmelte druppeltjies weerkaats in reënbooglenteprag:
ons Somer wat net gister was.
Thursday, 16 August 2012
'n Dag van gedigte en gedagtes.... Of sommer 'n klomp snert!
Met die wegsak van ons
sak die donkerte neer op
Die
bring die tweedehandse lig.
Met die loer oor die Oosterkim lyk sy soos 'n groot lemoen,
'n bal met Prins Willem se familie-
Die in gaan uit en die uit gaan in.
Soos die grote
skryf die kleintjie sy
Om 'n dag te begin,
'n gedagte oor sy oorsprong te hê...
Dit draai so daagliks op sy kop,
die een volg die ander op.
So as die dag verdwyn,
volg die
Dis eintlik baie meer reg,
die
die
Die tyd van nie-lig, die duisternis is dus:
die gebrek aan lig.
Deur by die deur in te gaan, word die binne die nie-buite, dus die b-inne, of dan die plek wat volg op die ingaan of die inne.
Om inne te wees: "To b in."
B-in(ne): binne.
Dit werk ook vir (b)uite:
Deur uit te gaan, is jy in die (b)uite... lug.
Dus buitelug.
Taal is dus 'n lekker ding,
jy moet net toelaat dat jou gedagtes al die paaie deur die eeue kan terugvat na die oorsprong.
Spoorsny deur die gemeenskaplike gedagtes van die voorgeslagte....
Al die pad tot by die enkelvoudige begin.
Of dit reg is of verkeerd, solank die redenasie reg is,
is dit 'n moontlikheid: as dit logies klink, is dit logies.... "If it sounds Country man, that's what it is: Its a country song!"
Om Kris Kristofferson aan te haal.
Die taalspeurwerk is nie 'n eksakte wetenskap nie, maar wat is werklik eksak?
Die kwantum fisika bewys aan ons dat niks so 1 eenduidig gedefineer is as wat ons dink nie.
In alles is daar 'n mate van onsekerheid.
Eintlik behoort dit mens te verbly. Dit hou die lewe interessant.
Soveel te meer as daar mense betrokke is. Hulle maak alles nog meer kompleks, soms irrasioneel, onlogies, onvoorspelbaar:
Dit maak met tye die lewe moeilik, maar verhoed ook dat ons in 'n nimmereindigende lus van dieselfde aksie oor en oor verval.
Dit is al wat iets soos dit wat in :"Groundhog Day" uitgebeeld word, verhoed.
So: Watse klein verandering in jou roetine gaan vandag jou lewe in 'n ander rigting stuur? Want dit KAN, as jy die klein dingetjies kans gee....
Sunday, 29 July 2012
Oranje Silwer Pers
Eenuur!
Met die oopmaakslag
ys my hande aan die grenshek vas.
Die halwe lemoen
(as die maan verbloem)
word deur vlieswolke teen Klipplaatsdam
se bergkruin geslag.
'N bleshoender (of is dit die swart swaan?)
swem onversteurd deur die oranje gloed
van die oolewingstryd wat op die westerkim woed,
met koue voete deur die kobaltblou rimpels van die melkweg
waarin ek my hande skoonwas van die bloed.
Friday, 27 July 2012
Oranje Blanje Blou
Eenuur in die môre:
Met die oopmaakslag ys die grenshek aan my hande vas .
Tydsaam word die halwe lemoen wat hom as die maan voordoen
deur vlieswolke teen Klipplaatsdam se bergkruin geslag.
Kolganse waarsku mekaar op die wal,
'n Bleshoender, onversteurd deur die westerkim se oranje gloed,
swem soos die swart swaan
met koue voete deur die kobaltblou melkweg
waar ek my hande skoonwas van die bloed.
Monday, 16 July 2012
Ekonomie of Ekologie?
E ko no mie ...E ko lo gie. Kennis van dieselfde ding? Uit verskillende hoeke beskou?
Die wortel van beide woorde is in die Griekse woord vir "huis", dus is dit die studie van die omgewing waarin organismes leef, in die geval van ekologie en in die geval van ekonomie, is dit die studie van die bestuur van die huis of blyplek. Dus hoe die bewoners van die omgewing hulle omgewing bestuur.
Om iets te ontleed wat nie dissekteerbaar is met gewone skalpel en tang(of mes en vurk) nie, moet mens meestal probeer om dit tot die eenvoudigste deel op te breek met 'n denk-eksperiment.
In 'n denk-eksperiment probeer mens om die essensie van die begrip te ontleed deur van die beskikbare breinkrag gebruik te maak, sonder om die eksperiment fisies uit te voer. Dit beteken egter nie dat so 'n eksperiment van geen nut is nie, inteendeel! Mens moet egter sorg dat die regte logiese stappe deurentyd gevolg word, sodat die resultaat/gevolgtrekking van waarde kan wees!
In die geval van die ekologie moet mens 'n al kleiner deeltjie van die omgewing op 'n slag beskou en die invloed van die verskillende organismes en omgewingsfaktore op daardie spesifieke afsonderlike deeltjies van die omgewing agterna weer aanmekaar sit. Dan die afsonderlike deeltjies se invloed op mekaar ontleed. Sodoende kan mens dalk die hele ekologie so integreer en 'n sinvolle afleiding van sekere invloede op die sisteem maak.
In die geval van die ekonomie behoort mens dieselfde stappe te kan volg, maar dit is in meeste gevalle 'n effens minder eksakte wetenskap. Die groot variasie in die al hoe kleiner wordende verdelings is die mens en sy optrede wat tot 'n groot mate onvoorspelbaar is.
Die wortel van beide woorde is in die Griekse woord vir "huis", dus is dit die studie van die omgewing waarin organismes leef, in die geval van ekologie en in die geval van ekonomie, is dit die studie van die bestuur van die huis of blyplek. Dus hoe die bewoners van die omgewing hulle omgewing bestuur.
Om iets te ontleed wat nie dissekteerbaar is met gewone skalpel en tang(of mes en vurk) nie, moet mens meestal probeer om dit tot die eenvoudigste deel op te breek met 'n denk-eksperiment.
In 'n denk-eksperiment probeer mens om die essensie van die begrip te ontleed deur van die beskikbare breinkrag gebruik te maak, sonder om die eksperiment fisies uit te voer. Dit beteken egter nie dat so 'n eksperiment van geen nut is nie, inteendeel! Mens moet egter sorg dat die regte logiese stappe deurentyd gevolg word, sodat die resultaat/gevolgtrekking van waarde kan wees!
In die geval van die ekologie moet mens 'n al kleiner deeltjie van die omgewing op 'n slag beskou en die invloed van die verskillende organismes en omgewingsfaktore op daardie spesifieke afsonderlike deeltjies van die omgewing agterna weer aanmekaar sit. Dan die afsonderlike deeltjies se invloed op mekaar ontleed. Sodoende kan mens dalk die hele ekologie so integreer en 'n sinvolle afleiding van sekere invloede op die sisteem maak.
In die geval van die ekonomie behoort mens dieselfde stappe te kan volg, maar dit is in meeste gevalle 'n effens minder eksakte wetenskap. Die groot variasie in die al hoe kleiner wordende verdelings is die mens en sy optrede wat tot 'n groot mate onvoorspelbaar is.
2 maybe's and 20 questions ... or maybe 10?
Maybe giving and receiving is more complicated than winning and losing.
Perhaps you're making a good fold.... But on the other hand.... you could be missing out on a big win!
Who knows what life will hold?
What can be classified as a good hand?
When is a door not a door? When is the only way out the only way in?
Does one not sometimes need a friend from the past without the fear of commitment?
Can ex-lovers become friends? Why do we have to always fear what "the world" or "other people" would say?
Must we not sometimes do what is "right" for ourselves and not worry about the other people?
For a short while we deserve a little bit of happiness...
Or do we?
Perhaps you're making a good fold.... But on the other hand.... you could be missing out on a big win!
Who knows what life will hold?
What can be classified as a good hand?
When is a door not a door? When is the only way out the only way in?
Does one not sometimes need a friend from the past without the fear of commitment?
Can ex-lovers become friends? Why do we have to always fear what "the world" or "other people" would say?
Must we not sometimes do what is "right" for ourselves and not worry about the other people?
For a short while we deserve a little bit of happiness...
Or do we?
Sunday, 15 July 2012
Monday, 9 July 2012
July morning
As die winter-dagbreek stilte kraak
met die steweltrap op ryp en tortelduif rinkink,
verf die son die silwer van die ys
met goue reënbooggrys.
Die veer-kristalpatrone op die harde krippe
word na ure saggies uitgevee.
Dit word amorf en keer t'rug
na die spieëlbeeld van die bospatrys
wat sy oggendkoffie hier kom drink.
Sunday, 8 July 2012
Raka ?
Het Raka tog 'n hart?
Het hy dalk 'n brein?
'N bietjie bewussyn agter die swart gordyn?
Waar het hy geskuil toe die modder en slyk
Verander het in wit?
Die water ge-ys
Die modder versteen
Die slyk verdwyn?
Het hy, toe die maan
Agter die swart gordyn verdwyn,
Gewonder, gesien, gedink
Verwonder deur die lig van miljoene sonne
wat skielik uit die donker hemelruim verskyn?
Belig deur die donker,
Die swart gordyn,
Van die aarde se skadu
Op die doek van die maan.
Die detail van sterre nie meer verdonker
deur die lig van die son
deur die maanspieëldoek weerkaats?
Die ys van die winter,
Die lig van die maan
Die sneeu op die landskap
Die ysige wit weerkaatsing van koue
deur die vlak waters van die melkweg,
waar al die helder sonne se lig,
getemper deur die resiprook van miljoene ligjare kwadraat,
verdof word deur die silwer weerkaatsing in die flaterspieël
van hierdie planeet se satteliet.
Die oorbeligting doof die detail uit.
Soos 'n vlam die wit was van die kers
verander in 'n blink amorfe poel...
Onsigbaar,
om te weet moet jy voel...
Was dit nie vir die stolling van die was
op die vinger van die mens, (of gees)
sou dit 'n raaisel wees.
Wat is waarheid,
wat is waan,
wat is fisies,
wat is gees?
Sou die dier, die Raka,
in ons almal wees?
Dink ons almal ons is beter,
net totdat die swart gordyn,
die dieper son in ons siel ontbloot?
Dan is ons..
Dier?
Die drange al wat is,
wat was, wat nog wil wees..
Vergete al die wonders van die gees,
Die groot ambisie,
al die planne,
al die strewe na die goeie.
Al wat oorbly is die bloed,
die drang,
die drif...
Voor dit nie bevrediging verkry,
sal geen ander denke jou bevry!
So waar is Raka,
waar die dier?
As al die ander na jou tuur?
Wat wil jy hê?
Wat wil jy nie?
Wat's jou begeerte,
Wat is jou skans?
Wat word versteek daar agter daardie masker-muur?
Is dit die waarheid?
'N begeerte?
'N behoefte?
Net 'n dans???
Sê jy dit,
Bedoel jy dat.
Dink jy dat,
as jy dan sê,
wat mense dink gesê moet word,
dit wel jou denke transformeer,
na DIT wat jy na aspireer?
As ander jou beskou
In detail-verdonkerende helder lig
Van sogenaamd beskaafde norme...
Hoe kan hul weet
van al jou diep versteekte drange?
Jou verswygings,
Jou verlange?
Die lis van die gesmag
van dierlike lus.
Wat jy telkens soos 'n Petrus,
oor en oor verloën,
om almal om jou om die bos te lei...
Kry jy dit reg, dink jy?
Hoe ondeursigtig is die sneeu,
die ys..
Tot dit ook smelt en sigbaar laat,
die slyk,
die modder..
Wat hier onder in die helder stroompie lê.
En as die drang bevredig is,
is jy dan weer jou preutse self.
Wat wyd en syd verkondig hoe
die mans se bekke kwyl,
wyl jy,
onaangeraak,
net op jou eie bly
en heel beledig,
(dalk beangs?)
voel as hul na jou passies staar.
Wat is die dans dan,
as dit nie in diepste wese,
wel die diepste wens verwoord?
Op stille ritme is gebore
uit die allerprimitiefste drang
van spoeg en sweet
en soete nektar van die blom,
wat roep na hulp van bye om
tog net so gou as moontlik na die blom te kom,
die daad te doen,
die smag na die vervulling te vervul.
Dan..
ja DAN,
sal alles beter wees...
Dit sal:
Die stille stap,
asook die hoogs pretensieuse,
(of dalk opregte?)
wens na hoër denke weer herstel.
I Don't need you anymore
Do you believe in love after love?
As ek myself toelaat, kan die vrolike melodie van 'n lekker song my opbeur....
Die triek is om dit toe te laat!
Om jou gedagtes te laat swerf...
van waar dit in die doldrums rondploeter,
na waar jy "happy go lucky" was toe jy die liedjie op 'n plek en tydstip gehoor het.
Dink aan die meisie wat saam met jou gedans het,
jou met groot oë die heel aand dopgehou het.
Saam met jou gelag het.
Saam met jou huistoe gegaan het,
die donker spoke verdryf het,
jou vir 'n wyle laat glo het daars 'n doel met jou.
Jou op die berg laat staan het en jou die uitsig oor die vallei laat beskou het.
Jou wysgemaak het daar lê iets beters agter die volgende bult.
Die blitsfoto in jou brein van die spontane glimlag.. voordat dit deur die bewuste,
berekende denke afgebreek,
oorbelig, oorgeanaliseer is,
totdat die enigste blywende antwoord 'n leuen is.
Voordat die emosies verban is,
verbied is, onwettig verklaar is....
Sodat jy, realis, idialis,
jouself kon oortuig dat die enigste uitweg is
om op te tree as pragmatis.
Seker te maak dat hy weg is.
Verban is. Doodgeswyg is.
Is jy seker dat dit al uitweg is?
Dat dit die ware jy is, wat die besluitnemer is.....
Dit wat uitgebrand is in jou brein,
kan nie wat ingeëts is in MY brein,
uitwis nie...
Daardie onbeskermde, onbewaakte oomblik
is in die rotswande van my grysstof uitgebeitel.
Jy kan sê wat jy wil,
jy kan doen wat jy wil,
ontken, onteien, ontsien,
ontsnap van die waarheid kan jy nie!
Vir daardie nanosekonde was jy bly..
om my te sien!
Was dit net jou eie Narcistiese motivering:
"Ek kan hom nog steeds naderlok"?
Was dit net om my soos 'n Medusa-slagoffer
te laat versteen?
My in die laning van jou klipstandbeeldtrofeë
te laat staan?
Dalk is dit al satisfaksie wat jy kry...
"Oorwinning!"
"Hy gee om vir my"....
Die skoen is nou aan die ander voet,
EK het die mag, EK sal die mans verkrag!
EK sal hul harte vertrap, hul goedheid verwerp,
hul attensies verdraai, hul skerpte verstomp,
hul insig verblind, hul emosies vermorsel.
EK is die wenner! So lyk ek:
Hosanna, Susteranna!
Ek gee nie om dat ek eensaam is,
solank as wat hulle vernietig is!
Die enigstes wat ek verdra,
is die wat my attensies omseil,
my kloue ontwyk, my uitnodigings ontkom...
Ek sal werk aan hom, tot hy val vir my....
Dan sal ek mag hê oor hom,
dan sal EK die terme dikteer,
ek sal hom dan ignoreer,
hom laat opkrimp, tot siekwordens frustreer.
Skaakmat!
Dis my spel!
Ek het dit al in die openbaar so gestel,
dalk is dit al wat wat ek kan bestel.
Ek kan dit op die mansdom bevel....
Die HEL!
Saturday, 7 July 2012
2 U 4 aulde lang sein
Ek dink aan jou,
al moet ek nie.
Ek skryf aan jou,
al mag ek nie.
Ek reik na jou,
al weet jy nie.
Dan sien ek jou,
al wou ek nie.
Ek wonder my oor jou,
al baat dit nie vir my of jou.
Ek treur oor jou,
al traak't nie vir jou.
Ek wens dat ek,
nog eenmaal weer,
jou stem in my ore kon hoor.
Is jy oortuig ek is sò goor
en onwenslik dat jy nooit ooit weer
met my oor iets wil korrespondeer?
Ek wens daar was 'n middeweg,
Maar al my opsies is reeds weg..
Jy het voortydig (volgens my) besluit.
So het jy my vir ewig uitgesluit..?
Is jy seker jy het nie verkeerd besluit ?
Friday, 29 June 2012
Ana Loog
Na aanleiding van Digi Taal...
Ek word soms deur die draadwerk in my kop
gedwing om sekere dinge te doen,
as ek weier, hou dit nie op.
Ons denke is gebou om taal,
ons dink in woorde, sinne, klanke.
Ons minag soms die woord,
hang die sigbare beelde aan.
Min het die insig om die beelde sonder redenasie van die woord te kan verstaan.
Die beelde vorm die raamwerk,
maar dis die klank wat jou maak dink.
Al ooit gedink hoe sou jy,
met jouself en ander kon baklei,
as daar nie 'n taal vir kommunikasie het bestaan?
Een mens, totaal ontbloot, totaal verstoot,
kan dalk nog sonder taal 'n kluisenaarsbestaan oorleef,
maar hoeveel meer as net 'n dier sal arme Robin Crusouw wees?
Geen kode om homself te leer,
geen woorde om sy ego mee te korrigeer.
Die see, die gras, die sand, die bome,
dit alles net 'n warboel drome.
Niks klanke om die beelde aanmekaar te bind,
niks planne om die kos te vind.
Net eindelose kleure, beelde, vorms.
Lig en donker, groen en blou,
die nag se swart,
die oggend dou.
Niks maak sin,
die brein bly grou.
Ek word soms deur die draadwerk in my kop
gedwing om sekere dinge te doen,
as ek weier, hou dit nie op.
Ons denke is gebou om taal,
ons dink in woorde, sinne, klanke.
Ons minag soms die woord,
hang die sigbare beelde aan.
Min het die insig om die beelde sonder redenasie van die woord te kan verstaan.
Die beelde vorm die raamwerk,
maar dis die klank wat jou maak dink.
Al ooit gedink hoe sou jy,
met jouself en ander kon baklei,
as daar nie 'n taal vir kommunikasie het bestaan?
Een mens, totaal ontbloot, totaal verstoot,
kan dalk nog sonder taal 'n kluisenaarsbestaan oorleef,
maar hoeveel meer as net 'n dier sal arme Robin Crusouw wees?
Geen kode om homself te leer,
geen woorde om sy ego mee te korrigeer.
Die see, die gras, die sand, die bome,
dit alles net 'n warboel drome.
Niks klanke om die beelde aanmekaar te bind,
niks planne om die kos te vind.
Net eindelose kleure, beelde, vorms.
Lig en donker, groen en blou,
die nag se swart,
die oggend dou.
Niks maak sin,
die brein bly grou.
Tuesday, 26 June 2012
Di gi taal
Die rekenaar dikteer
hoe mense deesdae kommunikeer.
Die idees word deur ene en nulle beheer,
die ware bedoeling verweer
in die magdom van silikon jargon.
Die som van die data word die som van halwes.
Halwe waarhede,
Halwe leuens,
Halwe kennis,
Halwe oorgawes van volle eerste-afslane.
Die nulle oorheers,
die ene word min,
hierdie is maar net die begin.
Alles neig na die mediaan,
die radikales word verban.
Die slimmes, die dommes,
die regses, die links..
Almal moet pas
in die voorafbepaalde kas.
Geen spasie, geen plek
vir die sprekers van drek...
Of dalk... JUIS net plek
vir die be-amers van "die ek."
Om idialiste te spot word die norm.
Die gemiddeld alleen word reg,
die grafiek, die heilige vorm,
in 3sigma moet alles pas.
Die emosie is weg,
die denke verban,
die geloof besweerd,
die oortuiging verkeerd.
Niemand kan sien wat die ander bedoel.
Sonder stem, sonder beeld...
(al wat wys is die skrif),
nous ons almal verdoem tot die ewige grys,
gemiddeld tot helder wit,
met swart letters gegrif,
die gemiddelde grou van:
Wat nou?
Idiale toestande om misverstande te verbou..
Wie weet seker wat die ander een bedoel?
Wat die een aan die anderkant van die digitale raaisel voel?
Die emosie besoedel deur die ewige ek,
die ware bedoeling verdoesel
in die interferensiepatrone van die ego-projek.
Thursday, 21 June 2012
2012/06/20 Midwintersnag
Midwintersnag.
Gaan jy vanaand op jou besem vlermuise jag?
Of gaan jy soos ons ander sterflinge op die somer wag?
Yskoud om die vuur,
starend na die flikkerende skadus teen die muur.
Wat sien jy daar?
Ons binneste,
die essensie van die mens?
Die waarheid op die altaar?
Of net die spoke van gister en al die drome van môre
wat versplinterd om ons stof vergaar?
Hoe vêr kan ons in die afgrond instaar?
Sal ons aanhou kyk
tot ons die swakhede van ons jonkheid sien terugkyk?
Sal ons niks sien en opgee,
tevrede dat ons onsself nooit sal ken,
net om te laat te onthou dat die lig van die naaste ster
eers hier aankom na 'n reis van meer as vier jaar vêr,
dat dìe skrikkeljaar,
ons almal na buite sal bring,
afgepaar,
elkeen op sy plek,
vasgenael..
dalk reeds gevrek?
Die waarheid van ons donker kant,
bring die spieël na die linkerkant.
Sinister, Dexter..
Die heks en haar besemstok:
Die linker en die Regter.
Subscribe to:
Posts (Atom)