Just a few words, trying my hand at poetry. Please feel free to comment, I would like to know what the readers think.... Use Google Translate if you do not understand Afrikaans, it gives quite an useful translation, although the poetry will probably lose it's impact. If you use Google Chrome as web browser, you have an automatic "translate" option. Toe, sê iets! LEWER KOMMENTAAR! Dis annoniem en jy WEET jy WIL!
Labels
- My mymerings (48)
- Rympies / amper-gedigte (38)
- Duwweltjies (27)
- Dieper Rympies (23)
- Braaksel van 'n brandsiek brak (14)
- Natuurgedigte (14)
- Dorings (12)
- English Poetry (11)
- Kommentaar op kommentaar (7)
- Pretensieuse Rympies (7)
- Windpomp rympies (6)
- Riempies (3)
- Tanka's (2)
- Natuurfoto's as inspirasie. (1)
Showing posts with label Windpomp rympies. Show all posts
Showing posts with label Windpomp rympies. Show all posts
Tuesday, 4 December 2012
Tuesday, 17 April 2012
Mengelmoeskardoes / deurmekaar ramkiekie / Gedigvorming /geboorte
Thursday, 15 March 2012
Tuesday, 13 March 2012
Gister se reën... of: Nog 'n Ode aan die windpomp
Tuiste van verlede
Blyplek van die spook,
bouval van die lewe,
meganisme van hoop,
spieëlbeeld in vloeistof,
nuwe vlerke vir die wind gekoop.
Yster, sink en staal
Spesifiek gekombineer om water uit die dieptes uit te haal Ingenieursprestasie,
kunstige kombinasie
van raam en rat en vlerk.
Ystersonneblom met toring en 'n stert
Die groen masjien laat westewinde werk.
Die wolke wat sy wegwaai,
se trane huil hul op 'n ander berg se skouers uit....
dit syfer in die vloeistoffase deur klip en rots en sand,
gaan lê dan onder langs die diamant.
Daar wag dit rustig vir die regte tyd
om weer na bowe te migreer.
Lewensvog van lank-lank gelede
dìe bring hy van benede
na die dors dam van die hede..
Alles op sy kop weerkaats
in stille waters blink,
meer waardevol vir mens en dier en plant
as die glinster van die diamant
wat lê in diepe grond,
onder in 'n dieper laai,
ja daarso waar die duiwel draai.
Yster, sink en staal
fasiliteer die
koue transformasie,
Westewinde waai die wolke weg,
Maar pomp dit tog weer later,
getransformeer tot 'n ander fase, water,
van onder hierdie skurwe aarde op,
na waar dit blink die spieëlbeeld skep
van die masjien wat windgedrewe,
hierdie skaars verbinding bring
vanwaar in stilte onder sand en klip en saam met diamant,
dit in die skoot van moeder aarde rus.
Die lewensvog, meer werd vir mens en dier en plante
as al die streek se diamante.
Hoe wild sou hierde plek nie wees,
sonder jou ou windpomp ysterslaaf, watergees?
Hoe weet die water waar om heen te loop?
Wat vertel die suier vir die vloeistof,
die silinder vir die stang?
Wat beveel die wind se fluistering aan die wiel se vlerk?
Hoe weet die dooie dinge
om die wette van:
Archimedes, Newton en Bernoulli
so te sê maak werk?
Die kurwe van die vlerk te volg?
Die stagnasiedruk van gas op vlak,
van vloeistof op soliede stof...
Is die molekules dalk bewus
van die mensgeskrewe wette van hidrolika,
wat hul bewegings probeer beskryf?
Wie het vir die wind vertel
om oor die uitgestrekte vlaktes heen,
díe staalkonstruksie uit te soek,
sy asem in die suile uit te stort,
die water te oortuig om pad te vat?
Na stille damme en die windverwaaide krippe.
Die blink weerkaatsing in die môrestil,
die beeld van hoe die meer,
onder hierdie skurwe wêreld paradeer...
Tuesday, 27 December 2011
Windpomp...
As ek die windpomp sou beskou
Sy vlerk en stert en toring.
Wat sou ek kon sê vir jou,
behalwe: Jou doring!
Jy bring die water uit,
van diep onder klip en sand,
van daar waar als wat duur is lê...
Goud en yster, koper, diamant,
maar as ons kyk na als wat saakmaak,
moet ons bieg:
In hierdie land van klip en sand,
newwer mind die diamant!
Jy's die kampioen!
Want sonder water bo die grond,
was ons almal, mens en bok en skaap en bees,
koring, mielie of pampoen,
horingdroog soos biltong hier gewees.
Sy vlerk en stert en toring.
Wat sou ek kon sê vir jou,
behalwe: Jou doring!
Jy bring die water uit,
van diep onder klip en sand,
van daar waar als wat duur is lê...
Goud en yster, koper, diamant,
maar as ons kyk na als wat saakmaak,
moet ons bieg:
In hierdie land van klip en sand,
newwer mind die diamant!
Jy's die kampioen!
Want sonder water bo die grond,
was ons almal, mens en bok en skaap en bees,
koring, mielie of pampoen,
horingdroog soos biltong hier gewees.
Thursday, 15 December 2011
Windgat Watermaker
Bouval van lewe,
blyplek van geeste.
Spieëlbeeldmeganisme's hoop,
nuwe vlerke vir die wind gekoop.
Yster, sink en staal.
Spesifiek gekombineer om water uit die dieptes te gaan haal.
Ingenieursprestasie
Ook 'n kunstekombinasie.
Raam en rat en vlerk.
Ystersonnewindwielblom,
kop op 'n toring... waaierstert!
Die groen masjien laat winde werk.
Vang die wolke wat die westewind verstoot,
om liewer êlders te gaan huil,
se trane op 'n ander wyse vas.
Dit syfer in die vloeistoffase
deur klip en rots en sand en gras.
Lewensvog van vêr en lank in die verlede,
dìe bring hy van benede
na die dors dam van die hede..
Alles op sy kop weerkaats
in stille waters blink,
meer waardevol vir mens en dier en plant
as die glinster van die diamant
wat lê in diepe grond,
onder in 'n dieper laai...
ja, daarso waar die duiwel draai!
blyplek van geeste.
Spieëlbeeldmeganisme's hoop,
nuwe vlerke vir die wind gekoop.
Yster, sink en staal.
Spesifiek gekombineer om water uit die dieptes te gaan haal.
Ingenieursprestasie
Ook 'n kunstekombinasie.
Raam en rat en vlerk.
Ystersonnewindwielblom,
kop op 'n toring... waaierstert!
Die groen masjien laat winde werk.
Vang die wolke wat die westewind verstoot,
om liewer êlders te gaan huil,
se trane op 'n ander wyse vas.
Dit syfer in die vloeistoffase
deur klip en rots en sand en gras.
Lewensvog van vêr en lank in die verlede,
dìe bring hy van benede
na die dors dam van die hede..
Alles op sy kop weerkaats
in stille waters blink,
meer waardevol vir mens en dier en plant
as die glinster van die diamant
wat lê in diepe grond,
onder in 'n dieper laai...
ja, daarso waar die duiwel draai!
Subscribe to:
Posts (Atom)

