Showing posts with label Dieper Rympies. Show all posts
Showing posts with label Dieper Rympies. Show all posts

Monday, 17 June 2013

Ode aan NP van Wyk Louw (11 Junie 1906 tot 18 Junie 1970)


Wat sou die gedagte wees
wat eerste deur jou brein beweeg,
die dag toe jy die eerste lig aanskou?

Juniemaand in Sutherland,
dis net 'n sifdraad
wat die suidpoolwind
uithou van die kaal Karoo se kou.

Jou moeder moes,
na barendsnood tot einde kom,
tog liefdevol kon sê:
"Hoe noem ons hom?"

Jou pa't trots gesê:
"Al wat ek wou hê,
is dit wat nou hier in my arms lê!
Louw is tog maar so 'n korte van
en warm sou tog beter wees
as lou in Junie-kou..
'n bielie soos diè kleinman
moet mos kan kies
wat hy genoem wil wees,
ons gee hom baie name man,
met sommer nog 'n van!"

So is jy:
in koue gebore
en in warme harte ontvang..

Nicolaas Petrus van Wyk Louw.


*******

Jy het gegroei uit die klein dorp se kou,
dalk het die helder verjaarsdagnag
jou laat opstaar na die sterre,
soos die teleskope van die sterrewag.
Is dit wat jou laat wonder het,
jou die woord laat vorm het,
jou geplaas het op die pad
wat gepraat het met
elke Afrikanerhart?

Monday, 13 May 2013

XX (Soos in genetika)


Duisend vlinders fladder oor jou vel,
skalkse glimlag in jou oë,
lippe rooi,
hemels mooi teen spierwit gebit,
maar agter dit,

skuil 'n tong uit die hel!

Tuesday, 16 April 2013

Come with me..


If I could take you with me, 
I would...
To the edge of my imagination, 
to the secrets of my soul, 
to my deepest fears, 
the peaks of my ecstasy...

There we can sit, 
staring out over the plains of eternity, 
the abyss of thought, 
the blinding light of knowledge..
Our legs dangling over the edge.

We can float away 
on the breath of dreams, 
slowly drift towards 
the multicoloured sunset of ideas.

Memories


I.. 
made some memories for me. 
Memories that's good 
and fancyful and free. 
And it's all about you and me. 

Memories do not have to be true, 
you see, 
it just have to be believable 
and beautiful and fanciful... 
and containing you, 
to satisfy me. 

You... 
Have to ensure that: 
You make enough 
memories in your youth 
to last you a lifetime, 
because you might need them... 

When you lie there, 
dreaming, wanting, 
pining for someone old, 
for someone new, 
someone borrowed, 
someone blue... 

Thinking of how it could have been, 
how it all would have been, 
how it should have been, 
had you made the other choice, 
had you listened to your inner voice.. 
Not the people around you, 
the ones that say they adore you, 
the ones that's trying 
to live your life for you.. 

Making memories with you, 
singing songs for you, 
writing poems about you.. 

I hope you have enough. 
Enough to last a lifetime, 
enough to keep you warm, 
enough to help you through 
the dark when the winter comes 
and the nightfall leaves you all alone.. 

For I, 
I've made enough, 
I hope. 

Enough to keep me warm, 
enough to keep me still.. 
enough to fill 
my heart and soul 
with things to think, 
with things to do, 
with things to say, 
for more than just a day. 

Something for 
the hot summer nights, 
the cold days, 
the lonely times, 
the dreary years... 
The neverending fights.. 

Yes, for all of these, 
I am all right. 

I.. 
made some memories for me. 
Memories that's good 
and fancyful and free. 
And it's all about you and me.

Lust in thought


I once gave to you my heart.. 
I thought. 
But in the end it was but another part... 
You thought.

You once gave your love to me, 
I thought 
your heart and soul, 
I was sure 
your attention and time, 
I recognised 
but in the end... 
it must have been 
just your body, 
the empty vessel for your soul,

It wasn't your soul, 
for that was already taken, 
broken, abducted, 
by someone just like me... 

Someone thinking that: 
Love could be 
both fanciful and free, 
love could be a thing of beauty, 
a golden chain, unchained, 
a silver locket, unlocked, 
a platinum ring, unbroken, 
a lifelong friendship, uninterrupted. 
How wrong can someone be? 

There we were, 
sitting in a tree. 
Both fanciful and free. 
We thought, 
but did not think... 
That love could be 
something meant 
for the likes of you and me...

Thursday, 28 February 2013

Hotel California : According to me


Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende






Hoe kon ek dink dat ek,
die aardsgebonde gek,
'n kans sou staan om in jou guns te bly,
as ek die hele tyd
na jou moet opkyk,
terwyl jy,
my afgod bly?

Ek hoor die ander roep na jou,
verlate, soekend, tevergeefs...
Dwalend sonder rigting,
hulle't uit jou glas gedrink:
jou soete wyn
was weereens goed verdun met pyn.

Loop hul in die gange van
jou Hotel California,
roepend, soekend na jou area,
jy,
horend doof,
die eggo stil,
hul oë uitgesteek...

Was dit dan nie tog maar hul verdiende loon,
die een van elke spikkelboon?
of het hul net toevallig
in jou glimlag vasgeloop?

Hoekom sou ek dink dat ek,
enigsins iets anders as
net nog 'n interlude was?
Elke gedagte word 'n waagstuk,
elke woord 'n strik.
Die sprong van klip tot klip gevaarlik,
op 'n misstap volg probleme onvermydelik:
Die mooi gepakte klippe is verleidelik..
Pasop!...Die lawa tussenin is dodelik!

My woorde vloei uit my gemoed,
maar dis als verspilde bloed,
ek moet dit alles sensor...
alles vries, verpak,
wegbêre in 'n rak.
Ek is verplig om tot sovêr
my ware denke te weerlê.

En tog...
Ek weet,
ek voel dit aan,
die rede:
ek verstaan.
Die rede wat hier geld vir jou,
geld wel ook nou vir my, vir nou:
die hier en nou van my en jou...
Is..
Die pole van oneindig-sterk magnete,
ons moet altoos baie seker maak
dat ons regte kante na mekaar toe wys:
gelyke pole;
sterk afstotend'krag:
 

Draai ons in perfek-sinchrone wals,
so-nie sal ons 

(met 'n plof!)
mekaar vernietig 

met die by-mekaar-kom-slag..

Monday, 31 December 2012

Toue wat my anker en knope van onthou




Lyne en knope, ankers en sleepstange, 
breke en boeie, lere en slange. 
Deur die jare loop die ketting van die tyd, 
elke skakel, elke las, 
elk 'n stukkie ewigheid. 

Ons onthou die meeste dinge seker nie, 
maar wat saakmaak sal ons wel.. 
Ons jonkheid, jeug, prestasies, blapse, 
alles vorm knope in ons lewenslyn. 
Die spasies tussenin vervaag met jare, 
al's dit nie so onbelangrik's wat ons dink .. 

Soms as ek oor ietsie wonder, 
loop ek hierdie pad terug, 
ontdek ek weer die ander knope, 
kleiner, vaag, maar wel gewis. 

Dis die "sommer net" tussen al die knope in die tou
(skynbaar gladde lyn sonder vaste lengte/tyd)
wat die ander, groter knope van onthou die moeite werd maak, 
dalk die hele draad nog aanmekaarhou, 
selfs geheel die denke moontlik maak..


Sunday, 14 October 2012

Sonde-val / -klim


Ek kyk na die sterre op 'n helder koue aand soos vanaand, 
ek dink: 
hmmmm, oulike liggies nè? 
Inderdaad! Sou ek sê.. 
Tot mens mooi kyk en dink wat daaragter lê. 

Elkeen 'n son, elkeen 'n vlam, 
helder en gloeiend, sommige reeds uitgebrand, 
die NOU en HOE van ons nietige self: 
Onbeduidend.. 
Dog vir ONS en dìe òm ons: 
Die middelpunt van die hele gewelf. 
Hoe weet mens wie waar is, 
wie wat is en hoe ons dan inpas? 



Nietig, ja nietig in die groter geheel, maar tog..... 
Wat sou dit ons kan skeel, as Andromeda vandag sou besluit om 'n miljoen sterre te laat inplof? 
Ons sou op die gouste nooit weet of dit so is, 
ons nageslag sal dalk al vlieg as hulle dit uitvind. 
Ja, vlieg met die vlerke van arende, 
vlieg met die navigasie van vlermuise, 
vlieg, ja.. 
sonder hulp. 

Wie weet wat gebeur nou in die vyfde kwadrant? 
Watter ster het ontplof met 'n slag? 
Watter eerste skeppingsson moes geoffer word 
om die stof te verskaf vir ons ringe, 
ons tande, ons selfone, onsself? 

Waarom moes Nostradamus in raaisels praat? 
Hoekom het da Vinci die vliegmasjien, 
wat hy ontwerp het, nie gebou nie? 
Sekerlik nie omdat hy nie WOU nie.... 

Die een ding volg die ander op, 
jy moet eers die pad bou, 
dan kan jy die perd met die wa laat galop. 
Die nood die roep die saak na vore. 
Noodsaaklikheid van nou 
was onbruikbaar net 'n paar jaar tevore! 

Wanneer is nou defnitief nou NOU? 
Is dit nou in Andromi-land, 
al weet ons nie vir miljoene jare of dit ooit nog bestaan aldaar? 
Of is dit netnou maar net gister, 
toe die Stegosaurus flussies dalk moes koes 
vir die ou boelie, Tyrannosaurus Rex? 

So hoe beduidend is een mens se hede en verlede, 
al behels dit ook dan twee? 
Sou dit verskil maak as die ene 
dalk met 'n effense behelsing 
'n ander se omhelsing opgehel het? 

Hoe sou ons weet? 
Hoekom moet ons weet 
wat is reg en wats verkeerd? 
Is DIT nie juis die deel wat maak 
dat ons nie heel net diere is nie? 

Was die sondeval nie dalk dan eerder: 
"Die sondeklim" gewees nie? 
Die vloek oor die aarde't dalk net 
die skille van hul oë af laat val. 
Die rede vir "sonde" is dat: die mense, 
as MENS nou verantwoordelikheid 
moet neem vir sy/haar aksies of versuime. 
Daar is nou nie meer verskoning van "Ek't nie geweet nie". 

Ons het verstand, 
ons moet dit nou gebruik 
om die langtermyn implikasies van aksies te beskou 
en VOOR DIE TYD te oordeel 
of dit nou tot voordeel van ons en ons naaste 
en die samelewing in totaal sal wees.. 
Nie net ter bevrediging van kortsigtige 
kort-termyn winste of drange nie....... 

Dus: 
Met kennis en insig kom verantwoordelikheid! 
Gebruik die kennis tot almal se voordeel, 
want miskien is dit in die korttermyn/selfsugtige beskouïng 
wat die "sonde" lê. 

DINK voor jy doen, 
dan sal jy die "Wet" onderhou. 
Die "Wet" is die pad van wedersydse langtermyn voordeel, 
vir die gemeenskap en samelewing, 
nie net een of twee persone nie. 
(Dink ekke.) 

......... Maar dis tog SO lekker om soms net te DOEN, 
SONDER om te DINK! 
(En selfs AS jy dink, 
liewer te besluit om maar eerder 'n bietjie tog te doen 
wat korttermyn bevrediging sal gee, 
want "môre is te laat vir my!"....)

Tuesday, 2 October 2012

Wat jy sien: Sig of Insig? Wat jy hoor: Klank of kennis?



As ek na 'n foto, skildery of  ander prentjie kyk, nee staar...
Dan wonder ek wat sien ek daar.
Eienaardig dat 'n mens se brein en nie sy oë nie,
die ware sienwerk doen.

So as ek staar dan sien ek net wat ek WIL sien.  
So as ek dan nou hiperkrities hier wil wees:
Ek sien as't ware net my brein se eie interpretasie van die beeld,
die kunstenaar se lyne, in skakerings van blou,
die skilder se kleure in vorms van onthou.     

Dalk 'n dieper spieël,
'n emosioneel-getinte tonnel,
'n doolhof waar die fotograaf of skilder op die doek, die pad ontwerp om aan die kykersbrein
'n ervaringsreis na 'n ongekaarte binneplek te wys.
Nie net na binne in die kunstenaar se brein,
maar ook na die groter universele bewussyn.
Die vorms en skakerings van die beelde op die medium,
die interaksie met die kyker...
Elkeen sien iets bietjie anders, dalk iets effens ryker..  
Realiteit getint met nostalgie, intrige,
entosiasme,
ander dalk met simpatie, met empatie, of apatie..
agressie, liefde, haat, verbasing, lis..
Of af en toe 'n bietjie van 'n mengelmoes van alles saam geklits.

As die kunst'naar sou kon regkry om die kyker weer 'n tweede maal t'laat kyk,
het hy of sy dit reggekry om die aanskouer te laat dink.
Die sien is nie die ding nie,
die raaksien van die ding,
dit is die ware sien, die sin.
Die sintuig dien die sin, die brein,
die denke,
DIT is waar die ware sien-ervaring lê.
So interaksie van die kunst'naar en die kyk-naar is die kop'ling van die menswees-ding.

So wat sou mens sê,
wat sou in die skrywer of die digters' brein gebeur?
Kan jy sien wat jy wil sien,
of is dit wat nou geskrif staan in die klip of ink,
net wat die skrywer voorgee wat hy dink?
Dalk is dit wat agter daardie aksie is, juis die woord wat NIE geskryf is nie, wat die waarheid skyn te wees..
Wys hy/sy/dit dalk net wat hul wil hê wat jy moet sien?
Of dalk in 'n ander atmosfeer,
nog 'n donker eggo weer,
nog 'n spieëlbeeld van wat reeds die subjektiewe brein bedien?

So ontvou die psige,
openbaar in diepte die intrige
van die kunste-toornaar en sy/haar blykbaar nou gemesmeraaisde kyker-leser-denker: 
Vasgevang in interaksie van die dink-en-sien-ding/
sien-en-dinkding 
en die reis na ondervinding.

Saturday, 22 September 2012

Plaasmoord. Oorsaak en gevolg.


Bybel en bebloede bril, 
op 'n koffietafel, asof ongestoord. 
Mure, vloerteëls, deurkosyne bloedbesmeerd. 
Watter rede is daar dan, 
vir hierdie slagting, 
hierdie offerhande, Heer?
Moet die bloed aan die kosyne dalk die doodsengel keer, 
hom weghou van die eersgeborene, 
die wat nog moet opvolg Heer?

Hoe lank sal ons nasie nog die duiwels in ons midde kan verdra?
Hoe lank moet ons onder dìe, 
die sware juk van moordnaars bly krepeer?
Die ape in beheer, 
die sogenaamde demokratiese regime, dit alles is verwronge, 
die vrede is gedwonge. 
Die sogenaamde vryheid is nou net beskore vir diegene wat hul veiligheid met wagte kan verseker. 
Die sout van die aarde, 
die vredemakers, 
se bloed word op ons geliefde land verspil. 
Die lewensvloeistof op die erfgrond uitgegiet. 
Hoe lank nog voor ons weer die reg beheer 
om ons mense te beskerm, te REGeer, 
die vuilgoed wat die dade pleeg se draadjie kort te knip? 

Ons word soos skape op die altaar van die duiwelsdrek geslag, 
hoe lank nog moet ons dit verduur? 

Hierdie donker eeu voel soos ons volk se laaste uur.

Druppels op die lem


Die druppels wat val, 
Uit die oorblywende oë, 
temper die rooiwarm staal. 
Die mes se lem, die swaard se punt. 
Die rooi grond, die wit sand, 
die mense gebore in hierdie land.
Uiteindelik sal die ware Boere weer na vore kom, 
die vyand dink ons staan verskrik, verward, oorwin. 
Maar miskien sal deur die stroom van onverdiende bloedvergieting ook 'n nuwe staal na vore kom. 
Die leuen sal oopgekloof word, afgebreek word, 
weggespoel word deur die trane van die moeders, dogters, vaders, seuns. 
Die helder water uit ons oë sal die skille afwas, 
die insig terugbring, die wysheid weer na vore bring. 
Ons, volk gesmee in warm smeltkroes van hierdie felle Afrikason, 
saamgesmelt uit helde uit die koue Noorde, 
sal weer ons ware krag ontdek. 

Ons is nie knegte, dienaars van die drek, 
nee ons is geoormerk, 
ons is uitgekoop, ons is uitverkies, ons is geseënd, 
ons het 'n doel in hierdie harde land. 
So het ons voorgeslagte vas geglo. 
Waar het ons ons geloof verloor? 
Ons is oorwinnaars, 
ons kan wen, 
ons bestaan op die planeet te danke aan ons swoeg en sweet, 
nie net as boere, werkers, denkers,
 maar ook as krygers in ons uur van nood. 

Soms is die prys van "vrede" net te groot. 
Hoe kan ons daagliks die bloedvraat voer, 
redeneer dat as ons stilsit, dit ons dalk sal ignoreer? 

Nee, meneer! 
Ons kan nie meer! 
Daar is geen redenasie meer, 
van "die het dit gedoen en daai het dat", 
'n skewe woord: 
nou slaan die arme swart engeltjies hom plat.. 

Die indoktrinasie werk nie meer, 
maak oop jul oë! 
Die oorlog klop reeds elke dag, 
drie maal aan jou deur!

Tuesday, 4 September 2012

Poel van gevoel


Ek duik diep in die koel donker poel. 
Tot onder, 
waar die lig verminder tot ek net die amper- lig van bo kan sien, 
net die druk om my kan voel.  

My asem raak nie op nie, 
ek kan vrylik asemhaal, 
die stilte en die vrede omring my in die duister. 

Die borrels hier en daar is al wat my omgewingsligging kan  verraai.  
Ek voel bevry, verander, gewigloos, pligloos, verheerlik, verdiep. 
My gedagtes grensloos, soekend, vindend, versadig, ontketting. 
Weg van die wêreld, beskuldigings, gewetenswroegings, selfkastyding. 

Dit is bevryding. 
Dit is droom, 
net voor vasslaap, 
net voor wakkermaak. 

Dit is hemels, dit is vryheid, 
dit is swem in die ewigheid.  
Dit is ek in jou, dit is jy deur my, 
dit is ons, dit is werklik meer as werklikheid, 
fantasties meer as fantasie. 

Dit is lewe in 'n droom.

Monday, 3 September 2012

Vrypipperment


Bedwelmde denke stel dit voor:
Vra haar vir 'n dans, 
draai haar dronkomtalie, 
druk haar teen jou vas. 

Vrypeperment, trougeskenk, 
gladde soet speelinstrument. 

Werklikheid ontbloot veel meer: 
Skaakspel van die lewe wys watter lewenswyse wese 
agter die oënskynlik skadelose glimlag was. 

Hierdie balletjie kamma-soetvermaak, 
toegedraai in onskuldig-lykend denkendaad,
blyk toe mikroskopies te bestaan 
uit veel meer as dit wat sigbaar is in wit gewaad. 

Wat van vêr as gladde klip 
en suikersoet imperial vertoon, 
is toe inderwaarheid fyn ontwerpte sleutels 
om genetika te kloon. 

Al die lopers vir my hart, 
al die kodes vir my brein, 
pasgemaakte sleutels wat 
nou skielik uit die niet verskyn.  

Uit die tussenspasies vloei hormone vir my lyf!
Onwetend dat die sleutels se gebruik 
terselfdertyd jou hart verstyf. 

Soos virus-RNA spuit jou wese my te binne, 
jy is 'n genooide gas, jy en jou bagasie: bly te kenne.  
Maar.. Diep binne-in die kern van my siel, 
word my wil, my denke, 
heel my self, my eie ek, vervang. 

Alles in my DNS word: ontheliks, ontrafel, ontsyfer.. 
tot al wat oorbly is: enkelvoudig bousteensure 
wat aan 'n eens-komplekse raamwerk hang. 

My wese word verander tot 'n kloon van jou,
ek word binne-in my wese na jou kode omgebou.
Daar werk die programmeringshoofagent: 
Eksklusiewe en/of-stellings, wat dan outomaties brûe brand, 
seker maak die die nuwe ek is permanent.  

Hoe meer ek my ontbloot aan jou, 
hoe minder fasineer ek jou,  

Ek, vasgevang in hierdie web, kan net hulploos spartel, 
hoe lank sal ek myself nog aanhou martel?

Miskien is ek onnodig skyn-bewoeë:
Ek's vrywillig hulpeloos verslaaf aan alles 
agter daardie kamma-stroopsoet dryfsandoë.

Sunday, 26 August 2012

Alleen of al-een?


Eensaam sê jy? 
Alleen sê jy? 
Wat sê jy?

Soms is ek alleen, eensaam. 
In verlange na 'n ander een. 
Maar nie alle alleen is 'n oorsaak van eensaam nie. 

Ek is baiemaal eensaam, 
maar nie alleen nie, 
alleen maar nie eensaam nie. 
Soms is ek altwee, maar dit is nie vreemd nie. 

Dit is ook nie ongewoon nie, maar as ek kon kies, sou ek eerder alleen wou wees.. 
as ek dan MOET eensaam wees. 

Om eensaam te wees en nie alleen nie, 
is soms die eensaamste van eensaam. 
Geen plek van rustigheid nie, 
geen tyd vir selfgesprek nie. 
Afgesny van jou beste vriend, 
jou binneste "ek". 

As ek dan eerder alleen kon wees, 
met net die wind, die son, die gees, 
sou dit makliker wees, 
die vertroosting kan dan in logika wees. 
Uitgeredeneer, afgewater, uitgesorteer. 

Tussen ander is dit soveel moeliker, 
jou eie stem verdof deur die gekwetter van die ander wat jou irriteer. 
Jou aandag word geëis 
deur die nimmereindigende gedruis, 
kollegas, geliefdes, gehates, 
getroudes, oorbodiges, verwardes.

Jou gedagtes vasgeketting deur konstante onderbrekings. 
Niks kan verwerk word nie, 
niks kan verpak word nie, 
geen saak kan afgesluit word nie, 
geen redes ter verduideliking nie. 
Net jy en jou hunkering...

Na wat? 
Na ietsie meer, 
na sinvol kommunikeer? 

So paradoksaal is die genesing vir die eensaamheid, 
nie altyd in tweesaamheid, 
maar in die alleenheid van die innerlike eenheid. 

Thursday, 23 August 2012

Ek, Eiendoms Beperk.


Ek kyk na dinge wat ek doen, 
na ander wat ek gedoen het, 
na name waarop ek besluit het vir goed wat ek gemaak het, 
plekke wat ek geskep het, 
vir dinge wat ek gehoop het ek ontvang. 
Party oorspronklik, meeste generies, 
baie beïnvloed deur dit wat gesoek word. 
Doelloos, nutteloos, redeloos, hopeloos.  
Tog nie heel-te-mal nie. 
Nie funksieloos nie, miskien 'n bietjie disfunksioneel, 
maar dit is deel van my lewensfunksie, breinfunksie, filosofie.  

My nimmereindigende selfgesprek. 
Dinge wat tog soms ook ander tot voordeel strek, 
maar as ek moet eerlik wees, 
is alles uiteindelik gemotiveer deur die eie ek. 

Is dit nie tog die suiwerste, opregste dryfkrag wat daar is? 
Gestroop van alle suikersoet pretensie, 
deur jouself te gee wat nodig is, 
kan jy dan ook aan ander gee: sonder sorg, 
uit 'n bron van oorvloed, sterkte, krag. 
Sonder vrees dat jy dalk eendag in tekort sal wees?
Ek het nie baie nodig nie, dus is ek maklik vergenoegd. 
Dit's ook belangrik, anders raak jy nooit versadig, 
streef immer na meer, 
ek vermoed dat DIT die selfsug kompromiteer. 

Ek vind dit vreemd dat daar wel mense is wat hulself, 
hul eie haat, hul naaste mense minag, 
hul onderwerp aan 'n vreemde wreedaard se gesag. 

Ek skuld hul niks, die duisternis kan hul verswelg, 
hul kom daaruit, hulle sal daarnatoe terugkeer. 
Jy moet jouself liefhê, dan jou eie mense, 
jou gesin, dit is die waarheid, die einde en begin. 
Nie almal verstaan dit nie, 
nie almal sien dit raak nie, party besef dit nie eens nie. 
Soms kom ek dit self nie eens agter nie. 
Ek probeer nie "nice" wees nie, 
dus is dit wat ek doen nie vir my moeite nie. 
Ek probeer ook nie dwars wees nie, 
dus is dit wat ek sê, my eerlike opinie, 
reguit, sonder die verskuilde agenda van Brutus en kie. 

Party dink ek's oulik, party dink ek's kru, 
maar na alles geweeg is, 
is ek net ek: 'n individu. 

Sunday, 8 July 2012

Raka ?



Het Raka tog 'n hart?
Het hy dalk 'n brein?
'N bietjie bewussyn agter die swart gordyn?

Waar het hy geskuil toe die modder en slyk
Verander het in wit?
Die water ge-ys
Die modder versteen
Die slyk verdwyn?



Het hy, toe die maan

Agter die swart gordyn verdwyn,

Gewonder, gesien, gedink
Verwonder deur die lig van miljoene sonne

wat skielik uit die donker hemelruim verskyn?
Belig deur die donker,
Die swart gordyn,
Van die aarde se skadu
Op die doek van die maan.

Die detail van sterre nie meer verdonker
deur die lig van die son

deur die maanspieëldoek weerkaats?

 

Die ys van die winter,
Die lig van die maan
Die sneeu op die landskap
Die ysige wit weerkaatsing van koue
deur die vlak waters van die melkweg, 

waar al die helder sonne se lig,

getemper deur die resiprook van miljoene ligjare kwadraat,
verdof word deur die silwer weerkaatsing in die flaterspieël

van hierdie planeet se satteliet.
Die oorbeligting doof die detail uit.

 

 

Soos 'n vlam die wit was van die kers
verander in 'n blink amorfe poel...
Onsigbaar,

om te weet moet jy voel...
Was dit nie vir die stolling van die was
op die vinger van die mens, (of gees)
sou dit 'n raaisel wees.

 

 

Wat is waarheid,

wat is waan,

wat is fisies,

wat is gees?
Sou die dier, die Raka,

in ons almal wees?
Dink ons almal ons is beter,

net totdat die swart gordyn,     

die dieper son in ons siel ontbloot?
Dan is ons..

Dier?

Die drange al wat is,

wat was, wat nog wil wees..

 

 

Vergete al die wonders van die gees,
Die groot ambisie,
al die planne,
al die strewe na die goeie.

Al wat oorbly is die bloed,

die drang,

die drif...
Voor dit nie bevrediging verkry,

sal geen ander denke jou bevry!

 

 

So waar is Raka,

waar die dier?

As al die ander na jou tuur?

Wat wil jy hê?
Wat wil jy nie?
Wat's jou begeerte,
Wat is jou skans?

Wat word versteek daar agter daardie masker-muur?

 

Is dit die waarheid?

'N begeerte?

'N behoefte?

Net 'n dans???

 

Sê jy dit,
Bedoel jy dat.
Dink jy dat,
as jy dan sê,
wat mense dink gesê moet word,
dit wel jou denke transformeer,
na DIT wat jy na aspireer?

 

As ander jou beskou
In detail-verdonkerende helder lig
Van sogenaamd beskaafde norme...
Hoe kan hul weet
van al jou diep versteekte drange?
Jou verswygings,
Jou verlange?
Die lis van die gesmag
van dierlike lus.
Wat jy telkens soos 'n Petrus,

oor en oor verloën,
om almal om jou om die bos te lei...

Kry jy dit reg, dink jy?

 

Hoe ondeursigtig is die sneeu,

die ys..
Tot dit ook smelt en sigbaar laat,
die slyk,

die modder..
Wat hier onder in die helder stroompie lê.

 

En as die drang bevredig is,
is jy dan weer jou preutse self.
Wat wyd en syd verkondig hoe

die mans se bekke kwyl,  

wyl jy,

onaangeraak,

net op jou eie bly

en heel beledig,

(dalk beangs?)

voel as hul na jou passies staar.

 

Wat is die dans dan,
as dit nie in diepste wese,
wel die diepste wens verwoord?

 

Op stille ritme is gebore

uit die allerprimitiefste drang
van spoeg en sweet

en soete nektar van die blom,
wat roep na hulp van bye om
tog net so gou as moontlik na die blom te kom, 

die daad te doen,
die smag na die vervulling te vervul.

 

 

Dan..

ja DAN,
sal alles beter wees...
Dit sal:
Die stille stap,

asook die hoogs pretensieuse,
(of dalk opregte?)

wens na hoër denke weer herstel.

Thursday, 21 June 2012

2012/06/20 Midwintersnag


Midwintersnag. 
Gaan jy vanaand op jou besem vlermuise jag?
Of gaan jy soos ons ander sterflinge op die somer wag?

Yskoud om die vuur, 
starend na die flikkerende skadus teen die muur. 
Wat sien jy daar? 
Ons binneste, 
die essensie van die mens? 
Die waarheid op die altaar?
Of net die spoke van gister en al die drome van môre 
wat versplinterd om ons stof vergaar? 

Hoe vêr kan ons in die afgrond instaar? 
Sal ons aanhou kyk 
tot ons die swakhede van ons jonkheid sien terugkyk?
Sal ons niks sien en opgee, 
tevrede dat ons onsself nooit sal ken, 
net om te laat te onthou dat die lig van die naaste ster 
eers hier aankom na 'n reis van meer as vier jaar vêr, 
dat dìe skrikkeljaar,
ons almal na buite sal bring, 
afgepaar,
elkeen op sy plek, 
vasgenael.. 
dalk reeds gevrek? 

Die waarheid van ons donker kant, 
bring die spieël na die linkerkant. 
Sinister, Dexter..
Die heks en haar besemstok:
Die linker en die Regter.