Showing posts with label Dorings. Show all posts
Showing posts with label Dorings. Show all posts

Monday, 13 May 2013

XX (Soos in genetika)


Duisend vlinders fladder oor jou vel,
skalkse glimlag in jou oë,
lippe rooi,
hemels mooi teen spierwit gebit,
maar agter dit,

skuil 'n tong uit die hel!

Thursday, 7 March 2013

Dompelpompdood


Tweeuur in die môre,
die wêreld moet mos slaap,
maar êrens in die verte
blêr 'n halfverdwaalde skaap.

'n loshang yster swaai 
ritmies in die wind,
luitoon klink kompleet
soos kerkklok-roep se kind.

Die dompelpomp moet dood,
die spuite loop al hoeka
'n uur of wat te lank,
water's nie oorvloedig nie,
die Eskom-som word groot.

Gewoonlik gaan ek met 'n wapen uit,
want spyt kom mos te laat.
Maar:
Jy dink dat alles veilig is;
die Beretta is te swaar,
dit gebeur mos net met ander,
want hier's mos geen gevaar...

Dis tweeuur in die môre
en die dompelpomp moet dood.

Wednesday, 6 March 2013

Maanskyn en Jasmyn... Of brandewyn en pyn.



Liefde is nie altyd

sag en mooi

soos rose,
maanskyn en jasmyn nie.



Rose en jasmyn wys nie al die pyn nie.
Hier en daar 'n doring,
af en toe 'n steek,
dink jy dit is hoe
die liefde
en die lewe
se langtermyn-verhoudings
inmekaar gaan steek?



Nee meneer/mevrou/mejuffrou,
dis nie altoos so nie,
die waarheid is soms baiekeer meer so:



Die somerson verskroei die rose,
die westewind verdor jasmyn,
die volmaan bring die waansin,
die sekelmaan die pyn.



Geen waarheid maak meer sin,
geen redes dring dan deur.
Die deure klap, die stem weergalm,
die einde kom net nooit...
Vir dae klink die eggo
van die vloek-en-skeltoon voort..



Jaloerse mense maak
die lewe vir die ander hier 'n hel,
dit wat saakmaak,
dit wat waar is,
is nie hierso ooit in tel.



Miskien sal die ewewig in vrede
eendag kan herstel,
maar...
dan slegs as:
die dorings afgebrand word,
die geur van wraak verdryf word,
die bron van waansin verwoes word..



Maanskyn en jasmyn...
miskien.. 
Merendeels: 
Sonskyn en brandewyn;
Pille en gille..



Nimmereindigende pyn!

Saturday, 22 September 2012

Plaasmoord. Oorsaak en gevolg.


Bybel en bebloede bril, 
op 'n koffietafel, asof ongestoord. 
Mure, vloerteëls, deurkosyne bloedbesmeerd. 
Watter rede is daar dan, 
vir hierdie slagting, 
hierdie offerhande, Heer?
Moet die bloed aan die kosyne dalk die doodsengel keer, 
hom weghou van die eersgeborene, 
die wat nog moet opvolg Heer?

Hoe lank sal ons nasie nog die duiwels in ons midde kan verdra?
Hoe lank moet ons onder dìe, 
die sware juk van moordnaars bly krepeer?
Die ape in beheer, 
die sogenaamde demokratiese regime, dit alles is verwronge, 
die vrede is gedwonge. 
Die sogenaamde vryheid is nou net beskore vir diegene wat hul veiligheid met wagte kan verseker. 
Die sout van die aarde, 
die vredemakers, 
se bloed word op ons geliefde land verspil. 
Die lewensvloeistof op die erfgrond uitgegiet. 
Hoe lank nog voor ons weer die reg beheer 
om ons mense te beskerm, te REGeer, 
die vuilgoed wat die dade pleeg se draadjie kort te knip? 

Ons word soos skape op die altaar van die duiwelsdrek geslag, 
hoe lank nog moet ons dit verduur? 

Hierdie donker eeu voel soos ons volk se laaste uur.

Druppels op die lem


Die druppels wat val, 
Uit die oorblywende oë, 
temper die rooiwarm staal. 
Die mes se lem, die swaard se punt. 
Die rooi grond, die wit sand, 
die mense gebore in hierdie land.
Uiteindelik sal die ware Boere weer na vore kom, 
die vyand dink ons staan verskrik, verward, oorwin. 
Maar miskien sal deur die stroom van onverdiende bloedvergieting ook 'n nuwe staal na vore kom. 
Die leuen sal oopgekloof word, afgebreek word, 
weggespoel word deur die trane van die moeders, dogters, vaders, seuns. 
Die helder water uit ons oë sal die skille afwas, 
die insig terugbring, die wysheid weer na vore bring. 
Ons, volk gesmee in warm smeltkroes van hierdie felle Afrikason, 
saamgesmelt uit helde uit die koue Noorde, 
sal weer ons ware krag ontdek. 

Ons is nie knegte, dienaars van die drek, 
nee ons is geoormerk, 
ons is uitgekoop, ons is uitverkies, ons is geseënd, 
ons het 'n doel in hierdie harde land. 
So het ons voorgeslagte vas geglo. 
Waar het ons ons geloof verloor? 
Ons is oorwinnaars, 
ons kan wen, 
ons bestaan op die planeet te danke aan ons swoeg en sweet, 
nie net as boere, werkers, denkers,
 maar ook as krygers in ons uur van nood. 

Soms is die prys van "vrede" net te groot. 
Hoe kan ons daagliks die bloedvraat voer, 
redeneer dat as ons stilsit, dit ons dalk sal ignoreer? 

Nee, meneer! 
Ons kan nie meer! 
Daar is geen redenasie meer, 
van "die het dit gedoen en daai het dat", 
'n skewe woord: 
nou slaan die arme swart engeltjies hom plat.. 

Die indoktrinasie werk nie meer, 
maak oop jul oë! 
Die oorlog klop reeds elke dag, 
drie maal aan jou deur!

Thursday, 20 September 2012

Moord op Knoppe, Trompsburg. 09/09/2012

Bybel en bebloede bril
lê beide op die koffietafel, stil.
Watter wrede verhaal word hier vertel:
Bloed aan die mure, vloerteëls, deurkosyne.
Moet hierdie dan as offerhande dien, o Heer?
Die doodsengel weg te keer?
Die eersgeborene se lewe tog te spaar?

Hoe wreed was hierdie aanval Heer!
Daar is geen manier om hierdie duiwelskinders te bekeer.
Die slegtes is nou in beheer.
Dìe Faro sal nie die volsksmoordenaars wil keer!

Salig is die vredemakers: Hulle word soos skape geslag!
Salig is die sagmoediges: Hulle sal die aarde beërwe... voortydig in die graf!
Salig is die barmhartiges: Hulle sal deur die duisternis uitgebuit word!
Die regime stook die vuur, die armes van gees glo die skrif aan die muur.
Salig is die wat rein van hart is: Hulle sal God sien!
Tog, het die mense dit verdien, 
om SO die ewigheid te sien?
Met byl gekap, met graaf geslaan,
Watse dier sny 'n ander met 'n hoekslyper van lies tot skeen?
Hierdie geweld was nie eens gesien in Lindisfarne!

In my onvolmaakte siening sien ek nie die draai van ander wang, 
ek sê nou is dit die tyd om hierdie duiwels wat die land bestuur na ondergang, 
vir eens en altyd te vervang!
Ons volk bloei dood, ons mense word al minder,
miskien sal hierdie wreedheid die wat nog nie wakker is,
laat wakker skrik!
Nie verder nie!
Ons kan nie alles wat oor drie honderd-sestig jaar gebou is, 
in minder as twintig jaar tot niet laat gaan.
DIT IS TYD OM OP TE STAAN!!

Monday, 20 August 2012

Wintersomerherfs

Die winter wil nie los nie, buite waai die wind Augustus-styl met 'n Julie-byt. 
Elke jaar is ek verbaas oor die seisoene se jolyt. 

Die mense sê: "Die seisoene het verskuif".. 
Maar kort is ons geheues, 
groot is die verskeidenheid 
wat moeder natuur vir ons kan wys 

Sneeu soms in Augustus, 
reën in Juliemaand. 
Ons kan dit nie bestel nie, 
ons eet nie van 'n spyskaart nie. 

Maar as ons terugdink, 
ja, na lank lank gelede, 
sal ons onthou, 
sal ons die die ooreenkomste kry in die verlede. 

Ons lewens is te kort, 
ons onthou niksseggend in die groter plan. 
Waar's die Mamoete en die Terranosaurus dan? 

So shutup en geniet dit. 
Draai jou jas maar styf 
om die winterkurwes van jou lyf, 
vou altwee jou hande 
om die koffie en die sop. 

Môre, ja môre hou ook hierdie winter op!

Saturday, 7 July 2012

2 U 4 aulde lang sein




Ek dink aan jou, 
al moet ek nie.
Ek skryf aan jou,
al mag ek nie. 


Ek reik na jou,
al weet jy nie.
Dan sien ek jou,
al wou ek nie. 


Ek wonder my oor jou,
al baat dit nie vir my of jou.
Ek treur oor jou,
al traak't nie vir jou. 


Ek wens dat ek,
nog eenmaal weer,
jou stem in my ore kon hoor.
Is jy oortuig ek is sò goor 
en onwenslik dat jy nooit ooit weer  
met my oor iets wil korrespondeer?


Ek wens daar was 'n middeweg,
Maar al my opsies is reeds weg..
Jy het voortydig (volgens my) besluit. 
So het jy my vir ewig uitgesluit..?
Is jy seker jy het nie verkeerd besluit ? 

Friday, 1 June 2012

Das Kapital ? / Kapitalisme of Ekonomiese terrorisme?


Die rekenaar raak naar..
Dit weier om verder al die vrot feite te verteer! 
Daar is te veel verskillende
stukkies en brokkies in sy geheue!
Die mengsel van feite en fiksie, 
van fetish en funksie, 
van styl en stats....  
Dit sweis die ene en nulle aanmekaar, 
totdat dit net 'n amorfe massa van halwes verklaar..  
Halwe waarhede, halwe leuens, halwe prente, 
halwe lemoene, halwe pampoene en halwe paaiemente. 
Die helfte agterstallig; 
die ander helfte opgeloopte rente!  

Die skerm raak blou, dan donker. 
Die frustrasie maak jou blou, 
dan pers en swart-gallig 
oor die rooi gloed wat oor jou gemoed spoel. 
Waar o waar is die dae van jou jeug, 
van pen of potlood en papier? 
Van rook agter die kraalmuur, 
van sit in die veld en tuur na die mier 
en miskruiers in die natuur? 

Weg weg weg! 
Weg met die geraas van elektrone in die skerm, 
weg met die voortplanting van positrone in die silikon. 
Pnp, npn.. wie onthou of herken selfs die basiese 
beginsels van die werking van die masjien 
wat elke dag hulle brood verdien

Die vetgevrete finansieële direkteur, 
die prokureur, die ouditeur?
Hulle maak somme op die skerms van die produk van die ingenieur, 
stuur syfers die wereld vol: 
jy skuld dit aan die en dat aan daai! ..... 
Man gaan in jou maai! 
Jy kan maar aanhou lawaai, 
maar wat gaan jy doen as die masjien niks meer doen? 
Wie gaan dan jou geknoei met syfers vir jou doen? 

Jou halfmiljoen se kar? 
Of moet jy dan weer teruggaan na die wetenskaplike nar? 
Die gedienstige idioot, 
die een met die kennis wat werk vir die Jood? 
As die honger jou vat, 
of die koue, die nat.... 
Gaan jy dan die boer waardeer, 
huh meneer?
Die een wat werk, 
die een wat weet, 
die een wat sweet?
Wat gaan jy eet? 
As die syfers in jou bank nie meer kan betaal vir kos of drank? 
Wat gaan jy doen as jou vrou jou nie meer wil soen? 
Jy en jou maters, almal bokkapaters! 
Wat beteken jou sogenaamde kennis van ekonomie as daar nie so iets meer bestaan nie? 
Die mense word verkneg deur die ewige rente. 
As jy nie leen nie, kan jy nie lewe nie, as jy nie skuld nie, 
hoef jy nie vir die gespuis te werk nie..... 
Die sisteem, die ewige een, die hamster op die wiel....... 

Stop en kyk, wat gaan gebeur 
as een meneer sê genoeg is genoeg, 
hier sit ek my hammer neer? 
As die drywing van begeer nie meer regeer? 
Wat hou die stede se mage vol? 
Wat keer dat die parlement se ape vrek? 
Net ons, die paar wat werk, 
die paar wat dink, die paar wat weet...... 

Die varke in die hokke word vet op die arbeider se kos. 
Kla steen en been: die kos kos te veel! 
Maar eintlik word dit gesteel 
uit die monde van die boere se ongebore kinders 
en hul word behandel soos honde! 

Ek betaal met 'n smile, 
die bloedgeld aan die mede parasiet, 
die Jood, die Edomiet. 
Die een wat die rekening bepaal, 
die selfoon, die tv, die koerant. 
"Ons het dit nodig", "dis vir werk" 

Hoesê ??? 

Watse snert! 
'n Hele lam kan jy kry vir 'n duisend rand!!! 
Dis te veel, sê jy???? 
Fokit man! 
Jy betaal dit dan 
EN MEER net aan jou selfoon!! 
Niemand kla oor die ding se rekening! 
Maar die boer moet krepeer.... 
Jy, meneer, 
betaal woekerrente om jou vroutjie in die X5 te laat ry! 
Terwyl ek en my kinders, ook my vrou, in die son moet arbei? 
Jy rebeleer nie, jy bly aan haar kant,
want jy is bang vir die dagvaar van die egverband! 

Sonder die wil om risiko's te neem en op te staan, 
sal ons knegte bly van hierdie sisteem en slawe-bestaan!

Monday, 7 May 2012

Tonight I need a friend


Soms, soos vanaand, voel ek asof die lewe my onnodig druk.. Maar dit is, as ek rasioneel daaroor dink, 'n geval van kla met 'n witbrood onder die arm! Nogtans verander dit niks aan die gevoel binne in my nie. Ek wil meer hê, meer wen, meer gesels, soms meer stilte hê, meer seks, meer vriendskap, meer diepte, meer sukses....
En tog... Is ek bo meeste mense geseënd!! Hoekom smag ek na nog? Is ek ondankbaar?
Of wil almal maar net altyd meer hê? Soms het ek net 'n goeie vriend nodig om weer perspektief te gee..... Maar vanaand wil ek eintlik saam met Kris Kristofferson sê: Let the devil take tomorrow, cause tonight I need a friend!!

Life


You have to live your own life..
Not fuck your neighbour's wife!
You can't enjoy constant strife..
Nor ignore the blood on the knife!


Life needs to be lived,
Otherwise it's just existence.


Without input from the participant,
he is but a spectator..
We revert to a race of spectators:
Too uninvolved to even pursue our own happiness!


Be your own being,
fight your own fights,
pursue your own dreams.
(Don't follow the sportstars' dreams.)


Go walk at night on a winding path, 
lit by the stars, the moon, your dreams...
Talk to the trees, (if you must!)


Turn your dreams into facts: 
You must! 


Go speak to the Sphinx, 
trust your knowledge of the facts..
Or else! 


The answers lie inside yourself,
so go and dig... 
You will find it!


Take the first step, 
make the first move, 
keep on moving... 
for if movement cease, 
so does life, 
or love, 
or progress... 


It is good to think, 
to plan, 
to plot,
but no use to plan and not,
do the things we planned...
For that, my friend, is not,
what living is about!

Monday, 26 September 2011

Raka

Het Raka tog 'n hart?
Het hy dalk 'n brein?
'N bietjie bewussyn agter die swart gordyn?

Waar het hy geskuil toe die modder en slyk
Verander het in wit?
Die water ge-ys
Die modder versteen
Die slyk verdwyn?

 

Het hy, toe die maan
Agter die swart gordyn verdwyn,
Gewonder, gesien, gedink
Verwonder deur die lig van miljoene sonne

wat skielik uit die donker hemelruim verskyn?
Belig deur die donker,
Die swart gordyn,
Van die aarde se skadu
Op die doek van die maan.

Die detail van sterre nie meer verdonker
deur die lig van die son

deur die maandoekspieël weerkaats?

 

Die ys van die winter,
Die lig van die maan
Die sneeu op die landskap
Die ysige wit weerkaatsing van koue
deur die vlak waters van die melkweg, 

waar al die helder sonne se lig,

getemper deur die resiprook van miljoene ligjare kwadraat,
verdof word deur die silwer weerkaatsing in die flaterspieël

van hierdie planeet se satteliet.
Die oorbeligting doof die detail uit.

 

 

Soos 'n vlam die wit was van die kers
verander in 'n blink amorfe poel...
Onsigbaar,

om te weet moet jy voel...
Was dit nie vir die stolling van die was
op die vinger van die mens, (of gees)
sou dit 'n raaisel wees.

 

 

Wat is waarheid,

wat is waan,

wat is fisies,

wat is gees?
Sou die dier, die Raka,

in ons almal wees?
Dink ons almal ons is beter,

net totdat die swart gordyn,     

die dieper son in ons siel ontbloot?
Dan is ons..

Dier?

Die drange al wat is,

wat was, wat nog wil wees..

 

 

Vergete al die wonders van die gees,
Die groot ambisie,
al die planne,
al die strewe na die goeie.

Al wat oorbly is die bloed,

die drang,

die drif...
Voor dit nie bevrediging verkry,

sal geen ander denke jou bevry!

 

 

So waar is Raka,

waar die dier?

As al die ander na jou tuur?

Wat wil jy hê?
Wat wil jy nie?
Wat's jou begeerte,
Wat is jou skans?

Wat word versteek daar agter daardie masker-muur?

 

Is dit die waarheid?

'N begeerte?

'N behoefte?

Net 'n dans???

 

Sê jy dit,
Bedoel jy dat.
Dink jy dat,
as jy dan sê,
wat mense dink gesê moet word,
dit wel jou denke transformeer,
na DIT wat jy na aspireer?

 

As ander jou beskou
In detail-verdonkerende helder lig
Van sogenaamd beskaafde norme...
Hoe kan hul weet
van al jou diep versteekte drange? 
Jou verswygings,
Jou verlange?
Die lis van die gesmag
van dierlike lus.
Wat jy telkens soos 'n Petrus,

oor en oor verloën,
om almal om jou om die bos te lei...

Kry jy dit reg, dink jy?

 

Hoe ondeursigtig is die sneeu,

die ys..
Tot dit ook smelt en sigbaar laat,
die slyk,

die modder..
Wat hier onder in die helder stroompie lê.

 

En as die drang bevredig is,
is jy dan weer jou preutse self.
Wat wyd en syd verkondig hoe

die mans se bekke kwyl,  

wyl jy,

onaangeraak,

net op jou eie bly

en heel beledig,

(dalk beangs?)

voel as hul na jou passies staar.

 

Wat is die dans dan,
as dit nie in diepste wese,
wel die diepste wens verwoord?

 

Op stille ritme is gebore

uit die allerprimitiefste drang
van spoeg en sweet

en soete nektar van die blom,
wat roep na hulp van bye om
tog net so gou as moontlik na die blom te kom, 

die daad te doen,
die smag na die vervulling te vervul.

 

 

Dan..

ja DAN,
sal alles beter wees...
Dit sal:
Die stille stap,

asook die hoogs pretensieuse,
(of dalk opregte?)

wens na hoër denke weer herstel.