Monday 23 April 2012

Zen ? en die skietkuns..


Kry 3 punte in 'n lyn, druk die sneller sonder om die punte te beweeg.... Siedaar! 
'N kolskoot!
Klink maklik, nè? 
Hmmm, klassieke geval van. "makliker gesê as gedaan." 
Die eerste sleutel tot 'n suksesvolle skoot is dissipline. Die tweede is konsentrasie. Dalk moet die volgorde omgeruil word. Derde is kalmte. Dan kom koördinasie. Sig, windlees, tydsberekening. Al die dinge word na jare se  herhaling in die smeltkroes van die brein en senuwees en spiere omvorm tot 'n eenvoudige resep in die onderbewussyn.... Laai...boem! (AS ons onsself toelaat om die onderbewussyn sy werk ongestoord te laat doen) 
Die bewuste denke kan nooit 'n aksie so presies herhaal soos die outomatiese werking van gekondisioneerde oog/hand koördinasie soos deur die onderbewussyn gedoen word nie. Die probleem lê in die menslike natuur... Veral by kompiterende mense soos ons skuts. Ons wil graag in beheer wees! 
"Net nog 'n bietjie nader aan die middel...." Op die manier onderbreek ons die natuurlike vloei van senu-impulse na die vinger, en die aksie word verstadig, minder herhaalbaar, die groep word groter!!! Ons moet leer om te "laat gaan" beheer oor te laat aan die outomatiese, die gekondisioneerde. Selfvertroue te hê, nie te twyfel nie. Twyfel steel tyd. Tyd is die vyand. Die wind is wispelturig, "time and tide waits for no man".... Look,aim,fire. 

No comments:

Post a Comment