Sunday 22 April 2012

Lewe en dood ..tegelyk en apart.


Ek wonder soms... As die kat in die doos dan nou tegelykertyd lewe en dood is, wat is die storie as mens iets uit die verlede herleef met iemand wat al dood is? Leef die mens vir daardie oomblikke vir jou? 


Ek dink nogal baie aan ou Schalk. Hy was 'n besonderse ou. Ons het op 'n snaakse manier vriende geword, tog het ons deur die jare 'n besonderse band gehad. Ek het hom nie so dikwels gesien nie, maar ons het elke keer wat ons gesels het, gekliek. Hy was nooit 'n ou met slegte bedoelings nie. Nie wat ek ooit kon agterkom nie. Vir my is dit maar nog steeds asof hy nog leef, ek het hom net lanklaas gesien.... 


Snaaks genoeg was die laaste gesprek wat ek met hom gehad het, oor ouderdom en die dood. Hy het gesê hy gaan 150 jaar oud word, want in die ou dae, voor die mense van beter geweet het en nie so goed kon tel nie, het hulle baie ouer geword.... It's all in the mind, het hy gesê.... Hy het net nie rekening gehou met 'n fratsongeluk met 'n trekker nie. 

No comments:

Post a Comment