Monday 23 April 2012

Ontwaterde water ?




Water ontwater deur water waar geen rus is nie..
Sout wat laf geword het soos brak water... 
Sout, maar nie sout genoeg nie, 
Nie soet nie, nie stout nie, nie skerp nie, maar brak! 
Soos 'n lawwe salpeter-sout sonder sweet. 
So smaak die lewe sonder die regte chemie in die bloed. 
Die vlerke staan stil in die eindelose doldroms 
van die uitgeputte watervrye, soutvrye niks 
van belangelose "net bestaan".... 


Geen doel, 
Geen ambisie,
Geen passie,
Geen wins,
Geen verlies,
Geen waagstuk,
Geen euforie!
'n slakkevolle, lewelose, doelgerigte, 
ondoeltreffende, doellose, doolhofdwalende, 
dowe dowwe wese ....... 

No comments:

Post a Comment