Saturday 6 October 2012

Maanskyn en Jasmyn in B# mineur


Eenuur! 
Die swart swaan swem stemloos deur die kobaltblou melkweg, 
die oppervlak onversteur, 
hoewel sy koue voete vir 'n vale onder die spieëlbeeld die water derigeer. 

Daars skaars 'n rimpeling in die poel
wyl ek die bloed van my hande afspoel.. 

Net die maan as getuie teen die westerkim: 
'n halwe lemoen, 
oranje gloed gevries 
in 'n tydknyptang, 
tussen vlieswolke met sagte tande 
en onopsigtelike rotasie 
van ons planeet wat die versapwerk doen. 

Stukkende koppe van bokke 
in die skerp wit lig, 
as die skoot klap, 
klaar vergeet.

Slegs die realiteitstoets bevestig: 
Die soet geur van muskus in die pronk,
bly kleef aan my hande 
soos 'n Lady McBeth-kol-gedagtetronk.






2 comments:

  1. Vir die wat wonder.. B# Mineur is ~ 'n treurige C-Sleutel...

    ReplyDelete
  2. Die treur en muskusgeur saamgevleg tot een

    ReplyDelete