Friday 6 January 2012

Ja wel no fine.....

Ek wonder soms, hoeveel van dit wat mens in 'n maat soek is dit wat in jouself afwesig is, of dalk juis in jou diepste wese WEL aanwesig is, maar onderdruk word om een of ander rede. Mens sien kans om dinge vir vreemdes te sê want as dit jou blootstel aan kritiek of ooplaat vir seerkry of spot, is dit nie 'n ernstige probleem nie. 
Dit is dan waarskynlik van 'n verbygaande aard, OF dit maak darem nie regtig saak nie. .... Aan die ander kant kan dit wees dat, as mens die ander persoon nie so intiem ken nie, die risiko kleiner is dat die persoon die inligting dalk op 'n later stadium teen jou kan gebruik. "Vreemdes" en nie-familie  het meer "respek" vir mekaar as naby vriende en bekendes. Hulle sal dus meer geneig wees om privilige inligting geheim te hou of dan net tot die vertroueling se voordeel te gebruik en dit nie tot 'n afpersmiddel of slaanstok verlaag nie.

No comments:

Post a Comment