Sunday 15 January 2012

Ek, of "Die EK"?

Ek sou,
graag 'n foto,
vir jou...
wou maak,
van my. 

Maar .....
As ek probeer,
loop ek my

in fisiese beperkings van die heelal vas.
So ek skryf dan eerder iets,
publiseer dit op 'n blog,
of bêre in geheime kas....


Die patrone van fotone,
gefokus deur glaslense,

op elektroniese sensore,
of soos in die verdere verlede,
silwernitraat atome,
(Ja ek weet dis molekules, nie atome!)
die kan nie wys,
wat die brein se prentjie wys...

Nie die paadjies in my kop,
nie die koue ysspore  in my dop.
Die prente, beelde wat ek sien,
is meer gevoel as sig, jy sien?


Dis spore, paadjies, beelde, woorde.
Dit saam maak die gedagtedraaie,

denkakoorde.
Of dit die waarheid werklik is,
die weet ek nie so heel beslis,
maar dit maak vir my tog sin,
dit pas my Nou, my Wil, my redenasie.

Dit stu my voort na 'n ewige begin.

So verskoning, Nee,
die vra ek nie.
Vir my is dit wat in my brein kan broei,
meer waar en werklik as die son wat buite gloei!

No comments:

Post a Comment