Thursday, 26 January 2012

Monoloog in 'n spieël

Hy:
Waar is my muse
Waar my inspirasie


Hoe moet ek skryf 
As alles in my dof is


Die helder lig
Die vuurtoring
Die lorelei
Die skeepswrakmaker


Jy was, 
vir 'n tydjie,
Weer soos die smaak
Van vars appelsap
Vervrissend op die tong


Die klank van jou stem
Die skerpheid van jou skryfstyl
Die opwinding in jou stemtoon
Wat jy nie kon onderdruk 
Toe jy met my gepraat het
Toe jy my gebel het
toe jou poging, 
om my agter die masker
uit te pluk,
nie geslaag het nie.  


Jy't gese:"Ek soek Koos Smit."
Ek's nou nog seker? 
dit was 'n set... 
Dis die nuuskierigheid wat  
jou so opgevreet het.....
Jy kon nie glo 
dat 'n man jou so 
lank kon weerstaan 
Selfs al het jy hom goed laat verstaan
Dat hy jou sou kry
As hy tog net die masker laat gly


Die waarheid? 
Of... 
soos hy dit sien:


Jy maak 'n lewe deur 
ander se skanse af te breek
Hul duister motiewe bloot te lê
Die waarheid te ontklee,
Tot dit soos gebleikte geraamtes in die kaste staan(of lê): nakend, 
sonder kleed of vlees. 
Jy maak staat op logika 
en redenasie vir díe aksie,
Maar dit verlaat jou in jou soeke na satisfaksie. 


Jy glo dit wat die feeverhaal
sou waarmaak
Die vermiste skakel sou openbaarmaak. 
Nie dit wat die feite jou moet wysmaak. 


In sake van die hart
het jy al soveel keer die smart 
van leuens en valsheid moes verduur
Dat jy nie meer die reëls 
Van logika kan respekteer. 
By een soek jy te veel
By die ander weer te min.
Soms gooi jy tou op prematuur,
Soms gee jy 'n blow job 
plaas van dit opgee vir 'n bad job  


SY: (Volgens hom)
Waar is die een wat my
soos myself sal kan bemin?
Ek swaai, 
heen-en-weer, 
vervaard.  
Van buite lyk ek heel bedaard
Die pendulum hou tyd,
Beskryf nog eens die hartklop 
in die dae van my benoudheid. 
Ek swaai van koel na koud na warm...
Maar is daar werklik iemand wat my graag sou wou omarm?


Net terwille van myself
Nie vir my status, lyf, my geld?
Is daar nie ook vir my 'n held?


Ek vind hom wel,
Ek het gedog hy sou kon bly..
Maar toe het hy 
ook maar weer voete van klei. 
Hy kon toe nie 
In sy gewoontes, 
sy sienings, 
met my sienings, 
my gewoontes
Swaelstert nie. 


Hoewel....
Hy kan dans,
Hy kan soen, 
Hy kan selfs die skaakspel doen


Sy grootste swakheid in my oë, 
die het hy toe oorwin, sien ek. 
Die tweede sonde ook, 
so blyk dit nou,
Maar steeds is hy nie myne nie
Sal nooit kan wees nie,
Wil ook nie. Of wil hy wel? 
Sal hy weer hierheen wil kom? 


Vergeet, vergeet, hy moet vergeet
van lief en leed, van pas en meet. 
Ek wil ook nie dat hy dit weet,
dat soms, 
net soms,
ek WEL 'n bietjie dink aan hom...

No comments:

Post a Comment