Tuesday 27 December 2011

Windpomp...

As ek die windpomp sou beskou
Sy vlerk en stert en toring.
Wat sou ek kon sê vir jou,
behalwe: Jou doring!

Jy bring die water uit,
van diep onder klip en sand,
van daar waar als wat duur is lê...
Goud en yster, koper, diamant,
maar as ons kyk na als wat saakmaak,
moet ons bieg:
In hierdie land van klip en sand,
newwer mind die diamant!
Jy's die kampioen!
Want sonder water bo die grond,
was ons almal, mens en bok en skaap en bees,
koring, mielie of pampoen,
horingdroog soos biltong hier gewees.

1 comment:

  1. Water ontwater deur water waar geen rus is nie..
    Sout wat laf geword het soos brak water...
    Sout, maar nie sout genoeg nie,
    Nie soet nie, nie stout nie, nie skerp nie, maar brak!
    Soos 'n lawwe salpeter sout sonder sweet.
    So smaak die lewe sonder die regte chemie in die bloed.
    Die vlerke staan stil in die eindelose doldroms van die uitgeputte watervrye soutvrye niks van belangelose net bestaan....
    Geen doel,
    Geen ambisie,
    Geen passie,
    Geen wins,
    Geen verlies,
    Geen waagstuk,
    Geen euforie!
    'n slakkevolle lewelose doelgerigte ondoeltreffende doellose doolhofdwalende dowe dowwe wese .......

    ReplyDelete