Thursday 15 December 2011

Windgat Watermaker

Bouval van lewe,
blyplek van geeste.

Spieëlbeeldmeganisme's hoop,
nuwe vlerke vir die wind gekoop.

Yster, sink en staal.
Spesifiek gekombineer om water uit die dieptes te gaan haal.

Ingenieursprestasie
Ook 'n kunstekombinasie.
Raam en rat en vlerk.
Ystersonnewindwielblom,

kop op 'n  toring... waaierstert!

Die groen masjien laat winde werk.
Vang die wolke wat die westewind verstoot,

om liewer êlders te gaan huil,
se trane op 'n ander wyse vas.
Dit syfer in die vloeistoffase
deur klip en rots en sand en gras. 
Lewensvog van vêr en lank in die verlede,
dìe bring hy van benede
na die dors dam van die hede..

Alles op sy kop weerkaats
in stille waters blink,
meer waardevol vir mens en dier en plant
as die glinster van die diamant
wat lê in diepe grond,
onder in 'n dieper laai...
ja, daarso waar die duiwel draai!

2 comments:

  1. Ek het 'n baie treffende foto van 'n windpomp
    se refleksie in 'n dam gesien.......
    Soos "Bread" sing:
    "If a picture paints a thousand words...."
    Selfs die skilder steel soms met die oog.
    Soek 'n bietjie inspirasie,
    in 'n ander een se werk.
    So as jy wil, steel tog maar trug,
    as jy dalk soek vir 'n opskrif....

    ReplyDelete
  2. Die windpomp het seker meer as enige ander masjien die streke weg van die riviere leefbaar vir die mens gemaak. Boere sou nie permanent op baie dele van die binneland kon bly en vee aanhou as dit nie vir die vindingryke meganiese windmakmaker was nie. Die skoonheid van die windpomp lê nie soseer in die vorm as sulks nie, maar in die funksie van die masjien...daardeur weer is die lyne funksioneel-versierend. Prag sonder praal. Mooi met 'n doel, die fassinering wat mens in die lyne voel spruit uit wat dit kan doen....nie oor hoe dit lyk nie. Dus 'n voorbeeld van hoe funksie vorm kan bepaal en tog steeds as mooi beskou kan word!

    ReplyDelete