Sunday 29 July 2012

Oranje Silwer Pers


Eenuur! 
Met die oopmaakslag 
ys my hande aan die grenshek vas.  
Die halwe lemoen 
(as die maan verbloem) 
word deur vlieswolke teen Klipplaatsdam 
se bergkruin geslag. 

'N bleshoender (of is dit die swart swaan?) 
swem onversteurd deur die oranje gloed 
van die oolewingstryd wat op die westerkim woed
met koue voete deur die kobaltblou rimpels van die melkweg 
waarin ek my hande skoonwas van die bloed.

1 comment:

  1. Watter een van die pogings is beter?
    Seker die een.. Dalk nie een van die twee nie...
    As ek nou bietjie terugvoer gehad het, kon ek besluit! ;-)

    ReplyDelete