Monday 9 July 2012

July morning


As die winter-dagbreek stilte kraak 
met die steweltrap op ryp en tortelduif rinkink, 
verf die son die silwer van die ys 
met goue reënbooggrys. 

Die veer-kristalpatrone op die harde krippe 
word na ure saggies uitgevee. 
Dit word amorf en keer t'rug 
na die spieëlbeeld van die bospatrys 
wat sy oggendkoffie hier kom drink.

2 comments:

  1. Baie goed geskryf. Ek hou baie van hierdie een.Keur die wat jy voel die beste is en stuur die bundel in. Al voel mens dat jy jou,weereens, blootstel aan kritiek en selfs verwerping, moet jy hierdie stap neem. "Nothing ventured, nothing gained."

    ReplyDelete
  2. Dalk is dit goed omdat ek nie te lank aangehou het nie..
    Ek dink ek is geneig om 'n goeie ding te hê en dan aan en aan te gaan... Dit moet dan eerder in 'n paar kort gedigte opgebreek word, maar soms wil die gedig nie ophou nie... Dit skryf homself.
    Mene mene tekel .....Die hand skryf op die muur.
    As ek dit inspirasie kry, moet ek dadelik skryf en dit so kort as moontlik hou, dan sê dit iets vir enigeen en nie net vir my en iemand wat my ken nie. (Of so lyk dit my.)

    ReplyDelete