Sunday, 8 July 2012

I Don't need you anymore




Do you believe in love after love? 
As ek myself toelaat, kan die vrolike melodie van 'n lekker song my opbeur.... 
Die triek is om dit toe te laat! 
Om jou gedagtes te laat swerf...
van waar dit in die doldrums rondploeter, 
na waar jy "happy go lucky" was toe jy die liedjie op 'n plek en tydstip gehoor het. 

Dink aan die meisie wat saam met jou gedans het, 
jou met groot oë die heel aand dopgehou het. 
Saam met jou gelag het. 
Saam met jou huistoe gegaan het, 
die donker spoke verdryf het, 
jou vir 'n wyle laat glo het daars 'n doel met jou. 
Jou op die berg laat staan het en jou die uitsig oor die vallei laat beskou het. 
Jou wysgemaak het daar lê iets beters agter die volgende bult. 

Die blitsfoto in jou brein van die spontane glimlag.. voordat dit deur die bewuste,
berekende denke afgebreek, 
oorbelig, oorgeanaliseer is, 
totdat die enigste blywende antwoord 'n leuen is. 

Voordat die emosies verban is, 
verbied is, onwettig verklaar is.... 
Sodat jy, realis, idialis, 
jouself kon oortuig dat die enigste uitweg is 
om op te tree as pragmatis. 
Seker te maak dat hy weg is. 
Verban is.  Doodgeswyg is. 
Is jy seker dat dit al uitweg is? 
Dat dit die ware jy is, wat die besluitnemer is..... 
Dit wat uitgebrand is in jou brein, 
kan nie wat ingeëts is in MY brein, 
uitwis nie... 

Daardie onbeskermde, onbewaakte oomblik 
is in die rotswande van my grysstof uitgebeitel. 
Jy kan sê wat jy wil, 
jy kan doen wat jy wil, 
ontken, onteien, ontsien,
ontsnap van die waarheid kan jy nie! 
Vir daardie nanosekonde was jy bly.. 
om my te sien! 
Was dit net jou eie Narcistiese motivering: 
"Ek kan hom nog steeds naderlok"? 
Was dit net om my soos 'n Medusa-slagoffer 
te laat versteen?
My in die laning van jou klipstandbeeldtrofeë
te laat staan?  
Dalk is dit al satisfaksie wat jy kry... 
"Oorwinning!" 
"Hy gee om vir my".... 

Die skoen is nou aan die ander voet, 
EK het die mag, EK sal die mans verkrag! 
EK sal hul harte vertrap, hul goedheid verwerp, 
hul attensies verdraai, hul skerpte verstomp, 
hul insig verblind, hul emosies vermorsel. 
EK is die wenner! So lyk ek: 

Hosanna, Susteranna!    
Ek gee nie om dat ek eensaam is, 
solank as wat hulle vernietig is! 
Die enigstes wat ek verdra, 
is die wat my attensies omseil, 
my kloue ontwyk, my uitnodigings ontkom... 
Ek sal werk aan hom, tot hy val vir my.... 
Dan sal ek mag hê oor hom, 
dan sal EK die terme dikteer, 
ek sal hom dan ignoreer, 
hom laat opkrimp, tot siekwordens frustreer. 
Skaakmat! 
Dis my spel! 
Ek het dit al in die openbaar so gestel, 
dalk is dit al wat wat ek kan bestel. 
Ek kan dit op die mansdom bevel.... 
Die HEL!

No comments:

Post a Comment