Friday 27 July 2012

Oranje Blanje Blou


Eenuur in die môre:
Met die oopmaakslag ys die grenshek aan my hande vas .
  
Tydsaam word die halwe lemoen wat hom as die maan voordoen 
deur  vlieswolke teen Klipplaatsdam se bergkruin geslag. 

Kolganse waarsku mekaar op die wal, 

'n Bleshoender, onversteurd deur die westerkim se oranje gloed, 
swem  soos die swart swaan
met koue voete deur die kobaltblou melkweg 
waar ek my hande skoonwas van die bloed.



No comments:

Post a Comment