Monday 16 July 2012

Ekonomie of Ekologie?

E ko no mie ...E ko lo gie. Kennis van dieselfde ding? Uit verskillende hoeke beskou? 
Die wortel van beide woorde is in die Griekse woord vir "huis", dus is dit die studie van die omgewing waarin organismes leef, in die geval van ekologie en in die geval van ekonomie, is dit die studie van die bestuur van die huis of blyplek. Dus hoe die bewoners van die omgewing hulle omgewing bestuur. 

Om iets te ontleed wat nie dissekteerbaar is met gewone skalpel en tang(of mes en vurk) nie, moet mens meestal probeer om dit tot die eenvoudigste deel op te breek met 'n denk-eksperiment. 
In 'n denk-eksperiment probeer mens om die essensie van die begrip te ontleed deur van die beskikbare breinkrag gebruik te maak, sonder om die eksperiment fisies uit te voer. Dit beteken egter nie dat so 'n eksperiment van geen nut is nie, inteendeel! Mens moet egter sorg dat die regte logiese stappe deurentyd gevolg word, sodat die resultaat/gevolgtrekking van waarde kan wees!

In die geval van die ekologie moet mens 'n al kleiner deeltjie van die omgewing op 'n slag beskou en die invloed van die verskillende organismes en omgewingsfaktore op daardie spesifieke afsonderlike deeltjies van die omgewing agterna weer aanmekaar sit. Dan die afsonderlike deeltjies se invloed op mekaar ontleed. Sodoende kan mens dalk die hele ekologie so integreer en 'n sinvolle afleiding van sekere invloede op die sisteem maak. 

In die geval van die ekonomie behoort mens dieselfde stappe te kan volg, maar dit is in meeste gevalle 'n effens minder eksakte wetenskap. Die groot variasie in die al hoe kleiner wordende verdelings is die mens en sy optrede wat tot 'n groot mate onvoorspelbaar is. 

No comments:

Post a Comment