Thursday 16 February 2012

21 12 2011 Somer, Son, ... Stilstand

Ek wou vir jou.. 
'n mooi gediggie skryf, 
vir Kersfees  of vir Nuwejaar.... 
Of dalk vir as jy weer verjaar, 
maar net betyds het ek onthou, 
dis mos deserdae half tabou!  


Gif is gif en slang bly slang. 
Hoe kon ek dink dat jy na so-iets kan verlang? 
Al wat deesdae baat vir jou, 
is jou kamera en die howe! 


Al die ander goed (en beter, beste) 
gaan mos jou verstand te bowe..


So hier is iets wat wel iets is, 
nie soos Nuwejaar wat kamma is..
Middernag vannag (en dis nie vir 'n dromer) 
is dit die middelpunt van somer!


Nie sommer so 'n dag dus nie, 
'n regte einde en begin, 
van 'n nuwe siklus, meetbaar in 
die tydperk van 2 pi radiaal...
presies een omwenteling 
van ons planeet se wenteling 
om ons ou ster, 
ons eie  waterstofbomson. 


Geniet dit dus, 
geniet die rus, 
geniet die weer begin...

Ek hoop jy is gesond,
reis dalk rond en bont,  
sal tyd en plek genoeg ook  hê
om besonderse fotos vas te lê...

Ek hoop dat hierdie wense nie 
weer sondermeer 
soos 'n ander keer,
jou  verstand te bowe gaan nie. 


Daar is 'n doel in my dwaling
so dink ek as ek dig
al word ek beskou as dig
deur die vir wie ek dig...
Ek hoop sonder hoop
ek word nie hopeloos en digter
as die mense vir wie ek dig...
Nou wonder ek:
maak dìe gedig 
van MY 'n digter?

1 comment:

  1. 21122011 ..... 366 dae voor die "DOOMSDAY"? 21122012.... (Skrikkeljaar het dalk nog 'n sê te sê! ;-)

    Of die Mayas in die rede geval is, of werklik gedink het die Somer Sonstilstand van 2012 is die einde van die begin of die begin van die einde, die sal ons oor minder as 10 maande weet!

    ReplyDelete