Wednesday 5 September 2012

Tydsame verligting/ stadige beligting.

As ek:
Net hier kan sit,
net lank genoeg hier kan bly..

Sal ek:
Die ewigheid kan kry,
die verganklikheid vermy.

Die permanente dinge sien,
die goed wat waarheid dien.

Of dalk:
Net die langer, stadiger veranderinge waarneem..
Die vinniger diere, mense, plante, 
laat verdwyn.
Die klippe, water, golwe, sand,
die harder, taaier wesens, laat verskyn.

Tyd is 'n swart gordyn,
dit wat stadig loop sal net verskyn in langsamer, sagter maanskyn.
Die haastiges sal dit nie sien nie,
hulle het teen die tyd reeds klaar verdwyn.

Weg na die stad, 
weg na die gate, krotte.
Weg na die paleise van die blinde rotte. 
Die rotte wat hol op die trapmeul. 
Die trapmeul met die gesogte beloning:
Pyn en wyn, 
seks 
en drome van fame..

No comments:

Post a Comment