Saturday 22 September 2012

Druppels op die lem


Die druppels wat val, 
Uit die oorblywende oë, 
temper die rooiwarm staal. 
Die mes se lem, die swaard se punt. 
Die rooi grond, die wit sand, 
die mense gebore in hierdie land.
Uiteindelik sal die ware Boere weer na vore kom, 
die vyand dink ons staan verskrik, verward, oorwin. 
Maar miskien sal deur die stroom van onverdiende bloedvergieting ook 'n nuwe staal na vore kom. 
Die leuen sal oopgekloof word, afgebreek word, 
weggespoel word deur die trane van die moeders, dogters, vaders, seuns. 
Die helder water uit ons oë sal die skille afwas, 
die insig terugbring, die wysheid weer na vore bring. 
Ons, volk gesmee in warm smeltkroes van hierdie felle Afrikason, 
saamgesmelt uit helde uit die koue Noorde, 
sal weer ons ware krag ontdek. 

Ons is nie knegte, dienaars van die drek, 
nee ons is geoormerk, 
ons is uitgekoop, ons is uitverkies, ons is geseënd, 
ons het 'n doel in hierdie harde land. 
So het ons voorgeslagte vas geglo. 
Waar het ons ons geloof verloor? 
Ons is oorwinnaars, 
ons kan wen, 
ons bestaan op die planeet te danke aan ons swoeg en sweet, 
nie net as boere, werkers, denkers,
 maar ook as krygers in ons uur van nood. 

Soms is die prys van "vrede" net te groot. 
Hoe kan ons daagliks die bloedvraat voer, 
redeneer dat as ons stilsit, dit ons dalk sal ignoreer? 

Nee, meneer! 
Ons kan nie meer! 
Daar is geen redenasie meer, 
van "die het dit gedoen en daai het dat", 
'n skewe woord: 
nou slaan die arme swart engeltjies hom plat.. 

Die indoktrinasie werk nie meer, 
maak oop jul oë! 
Die oorlog klop reeds elke dag, 
drie maal aan jou deur!

No comments:

Post a Comment