Tuesday 26 June 2012

Di gi taal


Die rekenaar dikteer 
hoe mense deesdae kommunikeer.
Die idees word deur ene en nulle beheer, 
die ware bedoeling verweer 
in die magdom van silikon jargon. 


Die som van die data word die som van halwes.
Halwe waarhede,
Halwe leuens,
Halwe kennis,
Halwe oorgawes van volle eerste-afslane. 


Die nulle oorheers, 
die ene word min, 
hierdie is maar net die begin. 
Alles neig na die mediaan, 
die radikales word verban. 


Die slimmes, die dommes, 
die regses, die links..
Almal moet pas 
in die voorafbepaalde kas. 
Geen spasie, geen plek 
vir die sprekers van drek...
Of dalk... JUIS net plek 
vir die be-amers van "die ek." 


Om idialiste te spot word die norm. 
Die gemiddeld alleen word reg, 
die grafiek, die heilige vorm, 
in 3sigma moet alles pas.  
Die emosie is weg, 
die denke verban, 
die geloof besweerd, 
die oortuiging verkeerd. 


Niemand kan sien wat die ander bedoel. 
Sonder stem, sonder beeld...  
(al wat wys is die skrif), 
nous ons almal verdoem tot die ewige grys, 
gemiddeld tot helder wit, 
met swart letters gegrif, 
die gemiddelde grou van:
Wat nou? 
Idiale toestande om misverstande te verbou.. 


Wie weet seker wat die ander een bedoel?
Wat die een aan die anderkant van die digitale raaisel voel?
Die emosie besoedel deur die ewige ek,
die ware bedoeling verdoesel 
in die interferensiepatrone van die ego-projek. 

No comments:

Post a Comment