Friday 29 June 2012

Ana Loog

Na aanleiding van Digi Taal...


Ek word soms deur die draadwerk in my kop
gedwing om sekere dinge te doen, 
as ek weier, hou dit nie op.
Ons denke is gebou om taal,
ons dink in woorde, sinne, klanke.
Ons minag soms die woord, 
hang die sigbare beelde aan.
Min het die insig om die beelde sonder redenasie van die woord te kan verstaan.
Die beelde vorm die raamwerk, 
maar dis die klank wat jou maak dink.
Al ooit gedink hoe sou jy, 
met jouself en ander kon baklei,
as daar nie 'n taal vir kommunikasie het bestaan?


Een mens, totaal ontbloot, totaal verstoot,
kan dalk nog sonder taal 'n kluisenaarsbestaan oorleef,
maar hoeveel meer as net 'n dier sal arme Robin Crusouw wees?
Geen kode om homself te leer,
geen woorde om sy ego mee te korrigeer.
Die see, die gras, die sand, die bome,
dit alles net 'n warboel drome.
Niks klanke om die beelde aanmekaar te bind,
niks planne om die kos te vind.
Net eindelose kleure, beelde, vorms.
Lig en donker, groen en blou,
die nag se swart,
die oggend dou.
Niks maak sin,
die brein bly grou.



No comments:

Post a Comment