Thursday 21 June 2012

2012/06/20 Midwintersnag


Midwintersnag. 
Gaan jy vanaand op jou besem vlermuise jag?
Of gaan jy soos ons ander sterflinge op die somer wag?

Yskoud om die vuur, 
starend na die flikkerende skadus teen die muur. 
Wat sien jy daar? 
Ons binneste, 
die essensie van die mens? 
Die waarheid op die altaar?
Of net die spoke van gister en al die drome van môre 
wat versplinterd om ons stof vergaar? 

Hoe vêr kan ons in die afgrond instaar? 
Sal ons aanhou kyk 
tot ons die swakhede van ons jonkheid sien terugkyk?
Sal ons niks sien en opgee, 
tevrede dat ons onsself nooit sal ken, 
net om te laat te onthou dat die lig van die naaste ster 
eers hier aankom na 'n reis van meer as vier jaar vêr, 
dat dìe skrikkeljaar,
ons almal na buite sal bring, 
afgepaar,
elkeen op sy plek, 
vasgenael.. 
dalk reeds gevrek? 

Die waarheid van ons donker kant, 
bring die spieël na die linkerkant. 
Sinister, Dexter..
Die heks en haar besemstok:
Die linker en die Regter. 

2 comments:

  1. As ek diep diep diep in die modderpoele kyk,
    sien ek dalk 'n strepie lig in die doderyk.
    Riviere van bloed voed die poele van die siel,
    tot hulle wegsink in die moddergroenpatryspoorte
    wat 'n skrefie lig op die denke laat val.
    Waar sal dìe skip nog heen vaar?
    Deur waters waar rus is en dalk 'n waterval...

    ReplyDelete
  2. Sometimes I sit and think...
    And sometimes I just sit!

    Soms skryf ek dinge wat goed lyk/klink as ek dit weer lees,
    ander kere nie so goed nie. :-/
    As ek dit oor en oor lees, word party dinge duidelik,
    ander goed word duister... of dan, duisterder.
    Soms is dit lekker, soms 'n straf. Net so af en toe sê iemand iets, dan kry ek weer moed. Baiekeer dink ek ek mors my tyd, maar
    hier en daar lyk dit vir my of ek iets beter as gemiddeld regkry.
    Ek moet net die regte dinge sien/hoor/kry, vir inspirasie, sien jy? eintlik net 'n vonk op die regte tyd, dan kom die regte woorde met 'n ontploffing uit!
    Nogal jammer ek het so 'n onwillige Muse...........

    ReplyDelete