Friday 29 June 2012

Ana Loog

Na aanleiding van Digi Taal...


Ek word soms deur die draadwerk in my kop
gedwing om sekere dinge te doen, 
as ek weier, hou dit nie op.
Ons denke is gebou om taal,
ons dink in woorde, sinne, klanke.
Ons minag soms die woord, 
hang die sigbare beelde aan.
Min het die insig om die beelde sonder redenasie van die woord te kan verstaan.
Die beelde vorm die raamwerk, 
maar dis die klank wat jou maak dink.
Al ooit gedink hoe sou jy, 
met jouself en ander kon baklei,
as daar nie 'n taal vir kommunikasie het bestaan?


Een mens, totaal ontbloot, totaal verstoot,
kan dalk nog sonder taal 'n kluisenaarsbestaan oorleef,
maar hoeveel meer as net 'n dier sal arme Robin Crusouw wees?
Geen kode om homself te leer,
geen woorde om sy ego mee te korrigeer.
Die see, die gras, die sand, die bome,
dit alles net 'n warboel drome.
Niks klanke om die beelde aanmekaar te bind,
niks planne om die kos te vind.
Net eindelose kleure, beelde, vorms.
Lig en donker, groen en blou,
die nag se swart,
die oggend dou.
Niks maak sin,
die brein bly grou.



Tuesday 26 June 2012

Di gi taal


Die rekenaar dikteer 
hoe mense deesdae kommunikeer.
Die idees word deur ene en nulle beheer, 
die ware bedoeling verweer 
in die magdom van silikon jargon. 


Die som van die data word die som van halwes.
Halwe waarhede,
Halwe leuens,
Halwe kennis,
Halwe oorgawes van volle eerste-afslane. 


Die nulle oorheers, 
die ene word min, 
hierdie is maar net die begin. 
Alles neig na die mediaan, 
die radikales word verban. 


Die slimmes, die dommes, 
die regses, die links..
Almal moet pas 
in die voorafbepaalde kas. 
Geen spasie, geen plek 
vir die sprekers van drek...
Of dalk... JUIS net plek 
vir die be-amers van "die ek." 


Om idialiste te spot word die norm. 
Die gemiddeld alleen word reg, 
die grafiek, die heilige vorm, 
in 3sigma moet alles pas.  
Die emosie is weg, 
die denke verban, 
die geloof besweerd, 
die oortuiging verkeerd. 


Niemand kan sien wat die ander bedoel. 
Sonder stem, sonder beeld...  
(al wat wys is die skrif), 
nous ons almal verdoem tot die ewige grys, 
gemiddeld tot helder wit, 
met swart letters gegrif, 
die gemiddelde grou van:
Wat nou? 
Idiale toestande om misverstande te verbou.. 


Wie weet seker wat die ander een bedoel?
Wat die een aan die anderkant van die digitale raaisel voel?
Die emosie besoedel deur die ewige ek,
die ware bedoeling verdoesel 
in die interferensiepatrone van die ego-projek. 

Thursday 21 June 2012

2012/06/20 Midwintersnag


Midwintersnag. 
Gaan jy vanaand op jou besem vlermuise jag?
Of gaan jy soos ons ander sterflinge op die somer wag?

Yskoud om die vuur, 
starend na die flikkerende skadus teen die muur. 
Wat sien jy daar? 
Ons binneste, 
die essensie van die mens? 
Die waarheid op die altaar?
Of net die spoke van gister en al die drome van môre 
wat versplinterd om ons stof vergaar? 

Hoe vêr kan ons in die afgrond instaar? 
Sal ons aanhou kyk 
tot ons die swakhede van ons jonkheid sien terugkyk?
Sal ons niks sien en opgee, 
tevrede dat ons onsself nooit sal ken, 
net om te laat te onthou dat die lig van die naaste ster 
eers hier aankom na 'n reis van meer as vier jaar vêr, 
dat dìe skrikkeljaar,
ons almal na buite sal bring, 
afgepaar,
elkeen op sy plek, 
vasgenael.. 
dalk reeds gevrek? 

Die waarheid van ons donker kant, 
bring die spieël na die linkerkant. 
Sinister, Dexter..
Die heks en haar besemstok:
Die linker en die Regter. 

Monday 11 June 2012

Goud


Ek het deur die nag tot hierdie aanvegbare gevolgtrekking gekom: Die mens het WEL 'n behoefte aan goud! Ek het goud in my tande. Dalk meer as wat die gemiddelde man/vrou op straat in hulle trouringe het. Dit het my laat wonder oor die reaksie van mense teenoor my en die soeke van die mens na goud deur al die eeue.
As mens mooi oor die saak dink is dit eintlik waansinnig, veral vir die primitiewe mens.  Mens kan goud nie eet nie, nie vir gereedskap gebruik nie, dit was bloot vir versiering. Tog was dit van die vroegste tye af gesog!


Hier is nou 'n teorie: Op een of ander manier is daar 'n interaksie tussen 'n mens se onderbewussyn en goud. Ek dink dat daar dalk in die mens se senustelsel of neurotransmitters 'n baie klein hoeveelheid goud benodig word om balans te veroorsaak. Ok, ek weet goud is 'n edelmetaal en dat meeste mikro voedingstowwe slegs in ioonvorm geabsorbeer word. Katione soos Kalium of Natrium en Molibdeen wat in liggaamselle teenwoordig en noodsaaklik is, is in oplossing as ione. Op die manier kan dit interaksie met anione hê. Dit dra dus by tot die ioonbalans en behoud van pH in die liggaamsvog en bloed. Miskien werk die goud as 'n katalis soos platinum in 'n katalitiese omsetter in 'n motorvoertuig se uitlaatstelsel. Dit laat reaksies teen laer temperature en drukke plaasvind as wat sonder die katalis moontlik sou wees. 


My teorie is dat goud die vervaardiging/vrystelling van dopamien wat die "geluks-neurotransmitter" is, stimuleer of vergemaklik. By elke mens is daar dus 'n behoefte aan goud, hoewel dit nie duidelik is waaroor nie. Iemand wat dus goud dra, is moontlik gelukkiger van geaardheid as wat hulle sou gewees het indien hulle nie enige goud met hul liggame in kontak gehad het nie. Sodoende maak goud wat deur ander gesien kan word, die gouddraer ook meer begeerlik in die teenoorgestelde geslag se oë. Vêrgesog? Wel, ja, miskien, maar wat is dan 'n ander verduideliking vir die mensdom se obsessie met goud? Ek is nie besonder beïndruk met goud nie, maar soos ek gesê het, ek het 'n oorvloed goud in my mond as vulsels en krone, so my behoefte is waarskynlik meer as bevredig. En ek is gelukkig. Ek het eintlik nie 'n vreeslike drang na die materialistiese nie, so miskien is dit a.g.v. die oormaat goud wat ek reeds "besit" wat in kontak met my liggaam is.... 
Of is dit alles totale snert???

Friday 1 June 2012

Das Kapital ? / Kapitalisme of Ekonomiese terrorisme?


Die rekenaar raak naar..
Dit weier om verder al die vrot feite te verteer! 
Daar is te veel verskillende
stukkies en brokkies in sy geheue!
Die mengsel van feite en fiksie, 
van fetish en funksie, 
van styl en stats....  
Dit sweis die ene en nulle aanmekaar, 
totdat dit net 'n amorfe massa van halwes verklaar..  
Halwe waarhede, halwe leuens, halwe prente, 
halwe lemoene, halwe pampoene en halwe paaiemente. 
Die helfte agterstallig; 
die ander helfte opgeloopte rente!  

Die skerm raak blou, dan donker. 
Die frustrasie maak jou blou, 
dan pers en swart-gallig 
oor die rooi gloed wat oor jou gemoed spoel. 
Waar o waar is die dae van jou jeug, 
van pen of potlood en papier? 
Van rook agter die kraalmuur, 
van sit in die veld en tuur na die mier 
en miskruiers in die natuur? 

Weg weg weg! 
Weg met die geraas van elektrone in die skerm, 
weg met die voortplanting van positrone in die silikon. 
Pnp, npn.. wie onthou of herken selfs die basiese 
beginsels van die werking van die masjien 
wat elke dag hulle brood verdien

Die vetgevrete finansieële direkteur, 
die prokureur, die ouditeur?
Hulle maak somme op die skerms van die produk van die ingenieur, 
stuur syfers die wereld vol: 
jy skuld dit aan die en dat aan daai! ..... 
Man gaan in jou maai! 
Jy kan maar aanhou lawaai, 
maar wat gaan jy doen as die masjien niks meer doen? 
Wie gaan dan jou geknoei met syfers vir jou doen? 

Jou halfmiljoen se kar? 
Of moet jy dan weer teruggaan na die wetenskaplike nar? 
Die gedienstige idioot, 
die een met die kennis wat werk vir die Jood? 
As die honger jou vat, 
of die koue, die nat.... 
Gaan jy dan die boer waardeer, 
huh meneer?
Die een wat werk, 
die een wat weet, 
die een wat sweet?
Wat gaan jy eet? 
As die syfers in jou bank nie meer kan betaal vir kos of drank? 
Wat gaan jy doen as jou vrou jou nie meer wil soen? 
Jy en jou maters, almal bokkapaters! 
Wat beteken jou sogenaamde kennis van ekonomie as daar nie so iets meer bestaan nie? 
Die mense word verkneg deur die ewige rente. 
As jy nie leen nie, kan jy nie lewe nie, as jy nie skuld nie, 
hoef jy nie vir die gespuis te werk nie..... 
Die sisteem, die ewige een, die hamster op die wiel....... 

Stop en kyk, wat gaan gebeur 
as een meneer sê genoeg is genoeg, 
hier sit ek my hammer neer? 
As die drywing van begeer nie meer regeer? 
Wat hou die stede se mage vol? 
Wat keer dat die parlement se ape vrek? 
Net ons, die paar wat werk, 
die paar wat dink, die paar wat weet...... 

Die varke in die hokke word vet op die arbeider se kos. 
Kla steen en been: die kos kos te veel! 
Maar eintlik word dit gesteel 
uit die monde van die boere se ongebore kinders 
en hul word behandel soos honde! 

Ek betaal met 'n smile, 
die bloedgeld aan die mede parasiet, 
die Jood, die Edomiet. 
Die een wat die rekening bepaal, 
die selfoon, die tv, die koerant. 
"Ons het dit nodig", "dis vir werk" 

Hoesê ??? 

Watse snert! 
'n Hele lam kan jy kry vir 'n duisend rand!!! 
Dis te veel, sê jy???? 
Fokit man! 
Jy betaal dit dan 
EN MEER net aan jou selfoon!! 
Niemand kla oor die ding se rekening! 
Maar die boer moet krepeer.... 
Jy, meneer, 
betaal woekerrente om jou vroutjie in die X5 te laat ry! 
Terwyl ek en my kinders, ook my vrou, in die son moet arbei? 
Jy rebeleer nie, jy bly aan haar kant,
want jy is bang vir die dagvaar van die egverband! 

Sonder die wil om risiko's te neem en op te staan, 
sal ons knegte bly van hierdie sisteem en slawe-bestaan!