Thursday 3 January 2013

Jaareinde?


Oujaarsaand. 

Geen werklike rede vir die jaar om nou te eindig nie, 

maar tog... 

Konvensie dikteer dit, 

die datumlyn reguleer dit. 
Ons val daarby in. 

Al was die 21e Desember eintlik 

'n meer natuurlike einde en 
begin. 

Midsomer hier, midwinter in die Noorde. 

Sonmaksimumuitwyking van die ewenaar. 
Dis die 21ste, klaar! 

Vandag, tien dae laat, is dit die amptelike verandering, 

die kamma-jaareind. 

Die datum-jaar-verandering. 


Dit is konvensie, so val ons in, 

daar is tog geen gewin in die of daai.... 

Of IS daar?

No comments:

Post a Comment