Monday 31 December 2012

Toue wat my anker en knope van onthou




Lyne en knope, ankers en sleepstange, 
breke en boeie, lere en slange. 
Deur die jare loop die ketting van die tyd, 
elke skakel, elke las, 
elk 'n stukkie ewigheid. 

Ons onthou die meeste dinge seker nie, 
maar wat saakmaak sal ons wel.. 
Ons jonkheid, jeug, prestasies, blapse, 
alles vorm knope in ons lewenslyn. 
Die spasies tussenin vervaag met jare, 
al's dit nie so onbelangrik's wat ons dink .. 

Soms as ek oor ietsie wonder, 
loop ek hierdie pad terug, 
ontdek ek weer die ander knope, 
kleiner, vaag, maar wel gewis. 

Dis die "sommer net" tussen al die knope in die tou
(skynbaar gladde lyn sonder vaste lengte/tyd)
wat die ander, groter knope van onthou die moeite werd maak, 
dalk die hele draad nog aanmekaarhou, 
selfs geheel die denke moontlik maak..


No comments:

Post a Comment